Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bodega Fuchs

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eloise-straat, Oceanview Heights, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Bodega Fuchs is 'n selfsorg-eenheid wat 500 m vanaf die strand in die kusdorpie Struisbaai geleë is. Die eenheid is op die eienaar se perseel.

Die ateljeewoonstel beskik oor 'n kombuisie, slaaparea, 'n klein sitarea en 'n en suite-badkamer. Die slaaparea het 'n ekstra lang koninggrootte-bed. Die klein sitarea het 'n gemaklike rusbank en etenstafel. Die badkamer het 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet.

Die kombuisie is met 'n yskassie, lugbraaier, mikrogolfoond, eierkoker, broodrooster, Nespresso-koffiemasjien en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Rook is verbode in en om die eenheid.

Die woonstel lei na die privaat agterplaas met buitemeubels, 'n vuurput en braaigeriewe. Daar is geen TV nie, maar gratis WiFi-toegang en parkeerplek word ook voorsien. 'n Selfhelp-ontbyt bestaan uit eiers, brood, jogurt, muesli, vrugte, koffie en tee. Die eenheid het 'n privaat ingang.

Die eenheid is baie privaat en veilig en het sy eie tuin.

Struisbaai is 'n oulike vissersdorpie in die Overberg-streek van die Wes-Kaap. Gaste kan die talle watersportsoorte geniet waarvoor die area bekend is, soos kajakvaart en vlieërplankry. Besienswaardighede in die area sluit die Agulhas Nasionale Park, Spookdraai-staproete en Waenhuiskransgrot in.

Hierdie verblyf het 24/7 elektrisiteit.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 1 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Badkamer
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 55 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Frederick C
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlike einheid, uitstekend uitgerus met baie onverwagte ekstra details. Ons het 'n wonderlike verblyf gehad! Baie dankie vir jou moeite en aandag ...
Sien meer
Feb 2024
Johan L
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was 'n wonderlike ervaring by Mandi. Dit was wonderlik om daar te kon bly. Pragtig en besonder smaakvolle woonstel met van die beste kwaliteit meu...
Sien meer
Feb 2024
Tanyia H
Saam met lewensmaat
5.0
Absoluut heerlik en sielsverkwikkend. Bodega Fuchs is 'n weggesteekte juweel. Baie netjies en omgee gasvrou. Baie dankie vir al die bederfies.
Aug 2023
Deon V
Saam met lewensmaat
5.0
'n Wonderlike plekkie om te rus. Baie goed toegerus en netjies. Mandi het uit haar pad gegaan om ons tuis te laat voel!
Apr 2023
Trish A
Saam met lewensmaat
5.0
Extremely comfortable. Lots of unexpected personal touches which made us feel very welcome.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Mandi Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 55

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Eloise-straat, Oceanview Heights, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bodega Fuchs het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eloise-straat, Oceanview Heights, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA14e4bbfe822dbc345128a5b98f42c7085c919e3b7b9b870e76b66cd2d33f33c98e37b2f7670d3e11d8da5c23ba4c4d2097a1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2) 55 5 1 5 Eloise Street Oceanview Heights 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.8117911 20.0304945

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang