Boesmanskloof Repens Cottage - No.6
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Onverwacht, McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Vanaf R1 800 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Boesmanskloof Repens Cottage - No.6 is tussen McGregor en Greyton geleë en 2 uur se ry vanaf Kaapstad via Worcester, Robertson en McGregor. Dit word dikwels Die pad na nêrens genoem. Gedurende die nag sorg die ligte van die dorpies op die R62, die wêreld se langste wynroete, en die Overberg vir 'n skilderagtige uitsig. Hierdie is die ideale bestemming vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek.
Dié kothuis beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer en bied slaapplek aan 6 gaste. Elke slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 2 ekstra enkelbeddens in die leefarea. Die badkamer het 'n stort en linne en handdoeke word voorsien.
Die kothuis beskik ook oor 'n eet- en sitarea met 'n kaggel. Die kombuis is met 'n yskas, tweeplaatstoof en 'n mikrogolfoond toegerus. Daar is 'n swembad en braaigeriewe en die verblyf bied 'n uitsig oor die Gobosrivier met verskeie rotspoele.
Deur die aanwysings te volg wat vanaf die Gobosrivier of die nabygeleë gemerkte voetpad begin, kan gaste lekker gaan stap en die unieke blommerykdom op die plaas geniet. Hierdie verblyf is in die hartjie van die Riviersonderendberge geleë en is 'n natuurliefhebber se paradys. Dit word ook deur die Langeberge en Galgeberge se bergpieke omring.
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Kaggel
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Stoof
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Jana Geverifieer
Eiendomme 10
Resensies 151
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Onverwacht, McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Onverwacht, McGregor, 6708, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang