Bokmakierie Villa
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Golden Mile Boulevard 118, Golden Mile, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Vanaf R7 500 per nag, vir 12 mense
Beskrywing
Bokmakierie Villa is 'n ruim grasdakhuis wat selfsorgverblyf aan 'n gesin in die Golden Mile, St. Helenabaai bied. Dit spog met direkte toegang tot die strand en spog met 'n 180 grade-uitsig oor die see.
Die huis bied slaapplek aan 2 tot 12 gaste. Groepe van tot en met 4 gaste het net toegang tot die onderste verdieping, waar 2 slaapkamers met en suite- badkamers is. Die huis beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die vierde slaapkamer het ook 'n koninggrootte-bed. Die ander 2 badkamers het onderskeidelik 'n bad en stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en 'n pizza-oond toegerus is. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 8 en 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n kaggel. Die TV-kamer is ideaal vir kinders, maar daar is nog 'n TV met DStv-kanale in albei leefareas. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Verder spog die huis met 'n onderdakstoep, ingeboude braaigeriewe en nog sitplek. Gaste kan voor die huis op die kunsgras speel en op die trampolien baljaar. Die huis word met 'n alarm, diefwering en veiligheidshekke beveilig. Gaste kan die sand na 'n dag by die see onder die buitestort afspoel. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Konnie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 39
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Golden Mile Boulevard 118, Golden Mile, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Gaste dink Bokmakierie Villa het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in St. Helenabaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Golden Mile Boulevard 118, Golden Mile, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang