Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bolivia Lodge

  • Kapasiteit: 150 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 162, Tweefontein (R81), Polokwane, 0699, Limpopo
  • Vanaf R885 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Vir die perfekte balans tussen 'n volwaardige konferensiesentrum met 14 verskillende venues en akkommodasie-opsies om al jou behoeftes te pas, is Bolivia Lodge nét die opsie vir jou. Bolivia Lodge is gerieflik geleë op 'n kleinhoewe aan die oostelike kant van Polokwane op die Modjadjiskloof-pad, sowat 6 km van Polokwane se besigheidsdistrik af, 20 minute van die Polokwane Internasionale Lughawe af, en net 700 m van Mall of the North af.

Bolivia Lodge is bekend vir sy rustige bosveld-atmosfeer en is die ideale opsie vir enige tipe geleentheid of konferensie met akkommodasie-opsies om die ervaring nog beter te maak.

Ons het 'n verskeidenheid akkommodasie-opsies: Luukse eenhede, Standaard-eenhede en Sakpas-eenhede.

Elke kamer het 'n en suite-badkamer met stort en bad, en 'n keuse van enkelbeddens, dubbelbeddens of koningingrootte-beddens in die kamers, 'n TV met DStv en gratis WiFi, lugversorging en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook bystand kragopwekkers (diesel) indien beurtkrag toeslaan.

Daar is voldoende veilige parkeerplek sowel as 24 uur-ontvangs beskikbaar. Geriewe op die perseel sluit 'n swembad, kroeg, lugtyd-koopmasjien en klein kiosk in.

Die konferensiesentrum kan 8 tot 1400 gaste akkommodeer, afhangende van die tipe geleentheid (troues, konserte, uitstallings, bekendstellings, gala-geleenthede, spanbousessies en vergaderings inkluis). Ons het 2 kragopwekkers byderhand indien die krag vir een of ander rede probleme gee.

Bolivia Lodge bied 'n gratis minibus-pendeldiens na en van die winkelsentrums, lughawens, busstasies en sportstadions op versoek aan.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Kantoorgeriewe
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 39 resensies vir Bolivia Lodge
Netheid
3.9/5
Diens
3.8/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4/5

Chrezanne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 39

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Plot 162, Tweefontein (R81), Polokwane, 0699, Limpopo
  • Gaste dink Bolivia Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R885
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R885
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 150 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 162, Tweefontein (R81), Polokwane, 0699, Limpopo
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdb4299eba400e383216df112a27759e86d3fad1880bc2cfb7f782bf50408e8e26a112cf85188c44b1d614d9f9b5eaabe65c3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R885 per nag (plek vir 2) 39 5 1 4 Plot 162 Tweefontein (R81) 0699 Limpopo 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -23.879297924992 29.515466948651

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang