Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bollard Bay House

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bayswater-weg 101, Leisure Isle, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 950 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Bollard Bay House is in Leisure Island, Knysna, geleë en bied gehalteverblyf vir vakansiegangers. Dit is binne maklike bereik van talle winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Die verblyf beskik oor 5, uniek gemeubileerde kamers wat elk 2 gaste op 'n slag kan akkommodeer. Elke kamer is toegerus met 'n TV met sekere DStv-kanale, koffie- en teemaakgeriewe, 'n en suite-badkamer, ondervloerse verhitting, buiten die Wagtail Suite, 'n yskassie en komplimentêre WiFi.

Die Oystercatcher Suite is op die boonste verdieping geleë en beskik oor 'n balkon. Dit is ingerig met 'n koninggrootte-hemelbed, 'n groot volledige badkamer met 'n bad, aparte stort, dubbelwasbak en verhitte handdoekreling. Dit spog ook met 'n kaggel. Dit het 'n stapelbed wat weggesteek is in die aangrensende kleedkamer, ideaal vir kinders onder 10 wat ouers vergesel. Dit het ook 'n uitsig oor die strandmeer en bekende Knysna-koppe.

Die Kingfisher-suite het 'n koninggrootte-bed, 'n patio en 'n privaat dek, en 'n en suite-badkamer met 'n stort oor 'n bad en 'n verhitte handdoekreling. Die aangrensende kamer funksioneer as 'n privaat sitkamer of kinderkamer met 'n slaapbank. Hierdie eenheid het ook 'n strandmeer-uitsig.

Die Wagtail Suite beskik oor 'n koningingrootte-bed, 'n privaat patio wat uitloop op 'n swembad en 'n en suite-badkamer met stort, toilet en wasbak.

Die Sandpiper-suite is op die onderste verdieping en beskik oor óf 2 enkelbeddens óf 'n koninggrootte-bed. Dit het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Dit loop uit op 'n patio met 'n strandmeer-uitsig.

Die Heron Suite het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet, dubbelwasbak en verhitte handdoekreling. Dit loop uit op 'n patio wat oor die dek, swembad en strandmeer uitkyk.

Die Teal Suite is weggesteek langs die tweede swembaddek en beskik oor 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Dit het 'n privaat patio en is ideaal vir 'n romantiese wegbreek.

Daar is 'n kroegarea met 'n groot platskerm-TV, 'n gaskaggel, strandmeer-uitsig en balkon. Ander kenmerke sluit in 'n swembad aan die voorkant met 'n houtdek en sonstoele wat oor die Knysna-strandmeer uitkyk, asook 'n beskutte swembad agter met sonstoele. Die sitarea is oop vir alle gaste, vanwaar hulle die pragtige uitsigte kan geniet.

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 7 resensies vir Bollard Bay House
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Sarah Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Bayswater-weg 101, Leisure Isle, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bollard Bay House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bayswater-weg 101, Leisure Isle, Knysna, 6570, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA04a53bf56eafa375477741b5a760f9d2644a7391e58a713a15da88aa57a9130ab67102a227ccf5559a302d8eec9c1f89ed57?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 950 per nag (plek vir 2) 7 5 1 5 101 Bayswater Drive Leisure Isle 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.06493 23.05506

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang