Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bollard Bay House

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bayswater-weg 101, Leisure Isle, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 950 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Bollard Bay House is in Leisure Island, Knysna en bied gehalteverblyf vir vakansiegangers. Dit is naby talle winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Die verblyf beskik oor 5 unieke kamers wat elk slaapplek vir 2 gaste bied. Elke kamer het 'n TV met sekere DStv-kanale, koffie- en teemaakgeriewe, 'n en suite-badkamer, ondervloerse verhitting, behalwe die Wagtail-suite, 'n yskassie en gratis WiFi.

Die Oystercatcher-suite is op die boonste verdieping en het 'n balkon. Daar is 'n koninggrootte-hemelbed, 'n groot volledige badkamer met 'n bad, aparte stort, dubbelwasbak en 'n verhitte handdoekreling. 'n Kaggel is ook beskikbaar. Die suite het 'n stapelbed in die aangrensende kleedkamer wat ideaal is vir kinders jonger as 10 jaar. Daar is ook 'n uitsig oor die strandmeer en die bekende Knysna-koppe.

Die Kingfisher-suite het 'n koninggrootte-bed, 'n stoep, 'n privaat dek, en 'n en suite-badkamer met 'n stort oor 'n bad en 'n verhitte handdoekreling. Die aangrensende kamer kan as 'n privaat sitkamer of kinderkamer gebruik word en daar is 'n slaapbank. Die eenheid het ook 'n uitsig oor die strandmeer.

Die Wagtail-suite het 'n koningingrootte-bed, 'n privaat stoep wat lei na 'n swembad en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die Sandpiper-suite is op die onderste verdieping het 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Dit lei na 'n stoep met 'n uitsig oor die strandmeer.

Die Heron-suite het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet, dubbelwasbak en 'n verhitte handdoekreling. Die suite lei na 'n patio met 'n uitsig oor die dek, swembad en strandmeer.

Die Teal-suite is langs die tweede swembaddek en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die suite het 'n privaat stoep en is ideaal vir 'n romantiese wegbreek.

Daar is 'n kroegarea met 'n groot, platskerm-TV, 'n gas-kaggel, uitsig oor die strandmeer en 'n balkon. Ander geriewe sluit 'n voorste swembad met 'n houtdek en sonstoele in met 'n uitsig oor die Knysna-strandmeer , asook 'n beskutte, agterste swembad met sonstoele. Die sitkamer is vir alle gaste beskikbaar, vanwaar die pragtige uitsigte geniet kan word.

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Sarie M
Saam met lewensmaat
5.0
Super! Vyfster verblyf, vriendelike en hulpvaardige gasheer, heerlike ontbyt. Aangesien ons die enigste gaste was (buite seisoen), het ons 'n opgrader...
Sien meer
Aug 2024
Karen S
Saam met lewensmaat
5.0
Alles wat mens nodig het om ekstra spesiaal te kan bly. Die verblyf, kos, diens, ligging en gasvryheid is uit die boonste rakke. Was baie spesiaal. Di...
Sien meer
Mrt 2024
Mechéle S
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastiese plek. Pragtig! Sien sterre.
Okt 2023
Elsa V
Saam met lewensmaat
5.0
Ons was baie beïndruk. Die huis is smaakvol, luuks en die eienaar, John, het uit sy pad gegaan om ons welkom te laat voel. Ek kan hierdie plek aanbeve...
Sien meer
Sep 2023
Cindy D
Saam met lewensmaat
5.0
Friendly, clean, awesome, beautiful - A home away from home. From the time we arrived until the time we left - Our hosts were awesome! ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Sarah Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Bayswater-weg 101, Leisure Isle, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bollard Bay House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bayswater-weg 101, Leisure Isle, Knysna, 6570, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA04a53bf56eafa375477741b5a760f9d2644a7391e58a713a15da88aa57a9130ab67102a227ccf5559a302d8eec9c1f89ed57?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 950 per nag (plek vir 2) 7 5 1 5 101 Bayswater Drive Leisure Isle 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.06493 23.05506

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang