Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bon Forelle Selfsorg

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Breestraat 7, Prins Alfred Hamlet, 6835, Wes-Kaap
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Bon Forelle Selfsorg is in Prins Alfred Hamlet 7 km vanaf Ceres op pad na die Sederberg en die Koue Bokkeveld geleë.

Gaste kan tussen lieflike kamers met privaat ingange kies. Elke oopplan-kamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed, 'n slaapbank en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Elke kombuisie is met 'n tweeplaatstoof, oond, mikrogolfoond, elektriese braaipan, yskas, eetgerei, breekware, potte, panne en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet. Elke kamer het 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi. Daar is ook 'n omskakelaar in elke kamer wat gebruik kan word om selfone en rekenaars te laai asook 'n paar ligte of TV aan te hou gedurende beurtkrag.

Braaigeriewe en parkeerplek is by elke kamer beskikbaar.

Prins Alfred Hamlet bied aktiwiteite soos voëlkyk en voetslaan in die Matroosberg Natuurreservaat en gaste kan ook die Middel-Keurboomsbewaararea of ander natuurreservate in die omgewing, soos die Witzenberg Natuurreservaat naby Ceres, besoek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 79 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Eric L
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker en gerieflik. Heerlik gebly. Fantasties.
Des 2024
Michael W
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely weekend stay. We had a lovely weekend. We came to run the Loxtonia Cherry Trail Run. Lovely accommodation, very well presented, ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Entonicia C
Saam met vriende
5.0
Had a warm welcome, everything was clean and the location was perfect. Great! Would definitely recommend.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Andries T
Gesin met tieners
5.0
Baie rustig en baie netjies. Baie lekker gebly, plek is baie mooi en baie netjies.
Nov 2024
Elriqay P
Saam met lewensmaat
5.0
Very nice and safe. If I could, I would extend.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Rina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 79

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Breestraat 7, Prins Alfred Hamlet, 6835, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bon Forelle Selfsorg het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Breestraat 7, Prins Alfred Hamlet, 6835, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA24ea5d46988dbf10f7e0b332285007c07d09327f8136e0953d8535e492d45ff86eac59447042050f517b3355d6dc705206ff?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 79 5 1 5 7 Bree Street Prins Alfred Hamlet 6835 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.295004935509 19.329462559525

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang