Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bona View G36

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cormorantlaan, Bona View G36, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 360 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Bona View G36 is ‘n selfsorgwoonstel in Bloubergstrand naby die kus. Bloubergstrand bied ‘n lieflike uitsig op Tafelberg en is ideaal vir diegene wat Kaapstad of die omliggende area wil verken. Die strand is ook ideaal vir watersport, soos vlieërbranderry en seilplankry, en doendinge soos vierwielmotorfietsry, voetslaan, inkopies doen en uiteet kan ook geniet word.

Dié dupleks beskik oor 3 kamers en 2 badkamers op die onderste verdieping en ‘n leefarea op die boonste verdieping. Daar is slaapplek vir 6.

Die hoofslaapkamer het ‘n koningingrootte-bed en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, toilet en wasbak. Dié kamer het ook ‘n skuifdeur wat na die balkon lei. Die tweede kamer het ook ‘n koningingrootte-bed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het ‘n bad, stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met ‘n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook ‘n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 8 en die sitarea het ‘n gemaklike sitkamerstel, kaggel en ‘n platskerm-TV met DStv en Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar. Die sitarea lei na ‘n balkon met ‘n gasbraai en ‘n gedeeltelike uitsig op Tafelberg.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 5 resensies vir Bona View G36
Netheid
4.8/5
Diens
4.6/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Host Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 715

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Cormorantlaan, Bona View G36, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bona View G36 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 360
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 360
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cormorantlaan, Bona View G36, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAEA52agNgcTKPLM5mG1NYlWOSE4mJ1TDarGexpJns5i6TryJUi4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 360 per nag (plek vir 6) 5 5 1 5 Cormorant Avenue Bona View G36 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.787373877978 18.458224429396

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang