Bonamanzi Adventures
- Kapasiteit: 32 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R43, Erfdeel 24 van Moordkuilplaas 488, Worcester, 6850, Wes-Kaap
- Vanaf R7 400 per nag (plek vir 32)
Beskrywing
Bonamanzi Adventures is op die oewer van die Breederivier, 120 km vanaf Kaapstad en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of 'n groep vriende.
Die oopplan-leefarea en kuier-area lei na die dek met 'n uitsig oor die swembad en rivier. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskaste, vrieskas en mikrogolf toegerus. Daar is 'n binne- en buitebraai.
Die boonste verdieping het 3 en suite-dubbelkamers. Elke slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Basiese beddegoed word voorsien. Die boonste en onderste areas word deur buitetrappe langs die dek verbind.
Die onderste verdieping het 'n gesinskamer en 2 slaapsale. Die gesinskamer het 2 enkelbeddens en 2 stapelbeddens. Die eerste slaapsaal het 7 tripelstapelbeddens en die tweede slaapsaal het 8 tripelstapelbeddens. Gaste moet asb. hul eie beddegoed bring vir die kamers op die onderste verdieping, asook vir die slaapsale. Gaste op die onderste verdieping gebruik aparte ablusiegeriewe. Alle gaste moet handdoeke saambring.
Gaste kan langs die vuur sit, riviervlotvaart en wynproe.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Stuart Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- R43, Erfdeel 24 van Moordkuilplaas 488, Worcester, 6850, Wes-Kaap
- Gaste dink Bonamanzi Adventures het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 32 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R43, Erfdeel 24 van Moordkuilplaas 488, Worcester, 6850, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang