Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bongela Private Game Lodge

Lodge
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bongela Private Game Lodge, Klipspruit Plaas, Deel 1, Vaalwater, 0530, Limpopo
  • Vanaf R6 780 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Bongela Private Game Lodge is 'n luukse toevlugsoord in die hartjie van die Waterberg-biosfeer in Limpopo. Dit is sowat 2 uur vanaf Johannesburg en Pretoria en net 15 km vanaf die bekoorlike dorpie Vaalwater. Dit bied maklike toegang tot plaaslike toeriste-aantrekkings, kuns en kunsvlyt. Die naam "Bongela," beteken "om dankbaar te wees," en weerspieël die pragtige natuurskoon, ongerepte bosveld en luukse ontspanningsareas wat die lodge bied. Dis ideaal vir gaste wat rustige verblyf in die natuur soek.

Verblyf word in verskeie eenhede gebied. Elke eenheid het gemaklike beddens, en suite-badkamers, skoon linne en handdoeke. Die eenhede word daagliks skoongemaak en bied uitsigte oor 'n sentrale watergat, wat meestal njalas en voëls lok. Koffiemaakgeriewe en 'n yskassie is in elke eenheid beskikbaar.

Die lodge bied rusareas met 'n selfsorgkoffiestasie, DStv in gemeenskaplike areas, 'n gelisensieerde kroeg, sitarea, leeshoekie, wynproe in die kelder en 'n Cognac- en Whiskey-sitarea Verskeie eetervarings is beskikbaar en gaste kan in die hoofeetarea, buite op die onderdakstoep of by kleiner tafels onder sambrele rondom die swembad en boma-area sit.

Die vermaakarea bied verskeie aktiwiteite soos 'n pooltafel, veerpyltjies en tafeltennis op die dek. Daar is ook 'n verhitte swembad met 'n sondek, swembadsitareas en 'n groot swembad. Gaste kan ook skemerkelkies op die dek met 'n uitsig oor die dam geniet of by die boma-area om 'n vuur ontspan.

Verder is daar vroegoggend-, aand- en nagritte, bergfiets- en staproetes en gaste kan ook boog- en kleiduifskiet geniet. Daar is 'n speelarea vir kinders en 'n kuriowinkel is by ontvangs beskikbaar. Bongela is ook ideaal vir sakegeleenthede soos jaareindfunksies, spanbou, toekenningseremonies en konferensies. 'n Verskeidenheid pakkette is beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Soné Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 1

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Bongela Private Game Lodge, Klipspruit Plaas, Deel 1, Vaalwater, 0530, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 6 780
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 6 780
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bongela Private Game Lodge, Klipspruit Plaas, Deel 1, Vaalwater, 0530, Limpopo
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAeff79bdeb63e4091e1c7f5a4ef3c24b9a39c129206ea40538482203d17c1fe007ad725710b63efc93e17951e1909639657aa?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 780 per nag, vir 2 mense Bongela Private Game Lodge Klipspruit Farm, Portion 1 0530 Limpopo 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -24.232329273765 28.022646903992

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang