Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bonsai

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hurst-straat 684, Hankey, 6350, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 700 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Bonsai is in die rustige dorp Hankey in die Oos-Kaap op pad na die Baviaanskloof in die pragtige Gamtoosvallei.

Die huis het 2 slaapkamers met slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en plafonwaaier. Die tweede slaapkamer het 2 dubbelbeddens en 'n plafonwaaier. Beddegoed en linne word voorsien. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met als wat gaste vir selfsorg sou benodig, insluitend koffie- en teemaakgeriewe, 'n tweeplaatstoof, yskas en mikrogolf.

Die kuierarea het 'n ingeboude braai en koolstoof vir koeler aande. Daar is 'n lang tafel met genoeg sitplek vir gesellige samesyn. Verder is daar ook 'n TV met DStv en gratis WiFi.

Buite is 'n lieflike vuurput waar gaste onder die sterrehemel kan kuier.

Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Die omheinde tuin is lekker ruim, so gaste kan hul troeteldiere saambring.

Hankey is net 41 km vanaf Jeffreysbaai, wat dit ideaal maak om vir die dag uit te ry strand toe.

Gaste wat nie lus is vir kosmaak nie sal baat vind by Nanas wat 200 m vanaf Bonsai is. Daar is bv. varsgebakte brood, tuisgemaakte konfyt, vetkoek, hamburgers, pizzas, braaipakke, slaai en vele meer om van te kies.

Bonsai is ideaal vir 'n gesin of groep vriende.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

4

2 x Dubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 31 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Christine V
Saam met vriende
5.0
Lekker gemaklik. Wat 'n lekker plekkie! Ons sal definitief weer hier bespreek as ons opsoek is na verblyf in die omgewing.
Mrt 2024
Wanda B
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker. Ons het baie lekker gebly, dankie.
Jan 2024
Megan M
5.0
Short, comfortable and convenient. Our stay was short but comfortable. Thanks.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024
Sonia B
Besigheidsreis
5.0
Vinnig maar gerieflik. Die plekkie was mooi skoon, linne van goeie kwaliteit en die kombuis het alles wat jy nodig het. Die enigste badkamer is en-sui...
Sien meer
Okt 2023
Anneke B
Saam met vriende
5.0
Skoon & netjies. Baie skoon en netjies. Heerlike buite kuier-area, al het ons nie tyd gehad om dit te benut nie.
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Susan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 31

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Hurst-straat 684, Hankey, 6350, Oos-Kaap
  • Gaste dink Bonsai het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 700
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 1 700
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hurst-straat 684, Hankey, 6350, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6CAf6Kuo64Uzt8b4XIbNFID4Bi1cAkrtcY3rFPeHxf65qDHHPl?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag, vir 6 mense 31 5 1 5 684 Hurst Street Hankey 6350 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -33.835114148112 24.882334023714

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang