Bonsai
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hurst-straat 684, Hankey, 6350, Oos-Kaap
- Vanaf R1 700 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Bonsai is in die rustige dorp Hankey in die Oos-Kaap op pad na die Baviaanskloof in die pragtige Gamtoosvallei.
Die huis het 2 slaapkamers met slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en plafonwaaier. Die tweede slaapkamer het 2 dubbelbeddens en 'n plafonwaaier. Beddegoed en linne word voorsien. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.
Die kombuis is toegerus met als wat gaste vir selfsorg sou benodig, insluitend koffie- en teemaakgeriewe, 'n tweeplaatstoof, yskas en mikrogolf.
Die kuierarea het 'n ingeboude braai en koolstoof vir koeler aande. Daar is 'n lang tafel met genoeg sitplek vir gesellige samesyn. Verder is daar ook 'n TV met DStv en gratis WiFi.
Buite is 'n lieflike vuurput waar gaste onder die sterrehemel kan kuier.
Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Die omheinde tuin is lekker ruim, so gaste kan hul troeteldiere saambring.
Hankey is net 41 km vanaf Jeffreysbaai, wat dit ideaal maak om vir die dag uit te ry strand toe.
Gaste wat nie lus is vir kosmaak nie sal baat vind by Nanas wat 200 m vanaf Bonsai is. Daar is bv. varsgebakte brood, tuisgemaakte konfyt, vetkoek, hamburgers, pizzas, braaipakke, slaai en vele meer om van te kies.
Bonsai is ideaal vir 'n gesin of groep vriende.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Dubbelbed
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Susan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 32
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Hurst-straat 684, Hankey, 6350, Oos-Kaap
- Gaste dink Bonsai het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Hankey Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hurst-straat 684, Hankey, 6350, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang