Bonsai
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hurst-straat 684, Hankey, 6350, Oos-Kaap
- Vanaf R1 700 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Bonsai is in die rustige dorpie Hankey in die Oos-Kaap op pad na Baviaanskloof, in die pragtige Gamtoosvallei, geleë.
Die huis beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste op 'n slag. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n plafonwaaier. Die tweede slaapkamer het 2 dubbelbeddens en beskik oor 'n plafonwaaier. Beddegoed en linne word vir gaste se gerief voorsien. Die badkamer is toegerus met 'n stort, toilet en wasbak.
Die kombuis is toegerus met alles wat gaste benodig vir selfsorg, insluitend koffie- en teemaakgeriewe, 'n tweeplaatstoof, 'n yskas en mikrogolf.
Die vermaakarea het 'n ingeboude braai en 'n koolstoof vir die kouer nagte. Daar is 'n lang tafel met oorgenoeg sitplek waar gaste hul samesyn kan geniet. Daar is 'n TV met DStv vir gaste se vermaak. Gratis WiFi is ook beskikbaar vir gaste se gebruik.
Daar is 'n lieflike vuurmaakplek waar gaste onder die sterrehemel kan rondsit.
Gaste het toegang tot veilige parkeerplek tydens hul verblyf.
Troeteldiere is ook welkom om saam te kuier met genoeg spasie om in 'n omheinde erf te hardloop.
Hankey is net 41 kilometer vanaf Jeffreysbaai, binne maklike bereik vir dagbesoeke aan die strand.
Gaste wat nie lus is om te kook nie, sal baat vind by Nanas wat 200 m van Bonsai af is. Dit sluit varsgebakte brood met tuisgemaakte konfyte, vetkoek, hamburgers, pizzas, braaipakke en slaaie en vele meer in om van te kies.
Bonsai is ideaal vir 'n gesin of groep vriende.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Dubbelbed
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Susan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 31
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Hurst-straat 684, Hankey, 6350, Oos-Kaap
- Gaste dink Bonsai het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Hankey Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hurst-straat 684, Hankey, 6350, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang