Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Boomhuis

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.5
Veiligheid
4.0
Thereza R
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Apr 2024

Bosveld bome en natuur gepaard met wonderlike stilte. Rus in styl. Ons het ons verblyf baie geniet. Dit is reg in die natuur en mens ervaar die bosveld op sy beste. Die huis is goed toegerus en die skottelgoedwasmajien was 'n groot bonus. Die beddens was baie gerieflik en die linne van goeie kwaliteit. Sal graag weer daar wil bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lynette
Boomhuis
Dit was 'n plesier en voorreg om jou te ontvang. Kom kuier gerus weer.

Pieter B
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Feb 2024

Perfek vir 'n bosveld wegbreek! Ons het vreeslik lekker gebly, ons sal definitief weer hier bly!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Louretta V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Aug 2023

Pragtig. Netjies. Rustig. Goed ingerig. Boomhuis is 'n pragtige plek, goed ingerig. Die beste was die rustigheid, mens voel weg vanaf die wêreld - presies wat nodig is.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lynette
Boomhuis
Dankie Louretta. Ons is so dankbaar vir gaste soos julle. Ons hoop julle kom kuier weer vir ons

Anonieme gas
Kort verblyf
4.8
Sep 2024

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Vanessa S
1 nag Gesin met klein kinders
4.8
Jun 2024

Fantasties! Baie lekker. Rustig. Ek beveel aan om eerder in die somer die swembad ook te benut.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Zelise Y
Kort verblyf Saam met vriende
4.6
Jun 2024

Perfekte naweek wegbreek! Net die pad was bietjie baie 4x4, stel voor jy ry met 'n bakkie. Dit was absoluut stil en pragtig met diere wat jou kom besoek. Sal vir seker weer daar gaan bly!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lynette
Boomhuis
Dankie Zelise. Dit was 'n plesier om julle hier te kon hê. Maak gerus weer so.

Adriaan V
Kort verblyf Saam met vriende
4.0
Mrt 2024

Baie aangenaam en lekker. Ons het baie lekker gebly, was skoon en netjies. Baie rustige tydjie en lekker in die bos en net rus vir 'n mens se siel en om te herlaai. Net maak seker daar is koffie en tee om te maak as mens dit wil geniet in die oggend.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Lynette
Boomhuis
Dankie Adriaan. Ons hoop julle kom kuier weer.

Anonieme gas
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.8
Okt 2024

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
4.0

Pieter E
Kort verblyf Gesin met tieners
1.6
Mei 2024

Dit was 'n groot gemors gewees. Vir die geld wat ek betaal het, is die boomhuis absoluut pateties. Ek sukkel met waterdruk en warm water. Daar is geen hangkaste vir klere nie, selfs nie iets om die klere op te sit nie.

Netheid
2.0
Diens
3.0
Ligging
1.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
1.0
Lynette
Boomhuis
Hallo Pieter, dankie vir jou terugvoer. Ons vind jou terugvoer egter ietwat verbasend aangesien die warmwater- en waterdrukprobleem uitsorteer was met 'n vinnige oproep. Ons het laat weet dat die krane se indikators omgeruil was in die een badkamer en dit slegs nodig was om die koue kraan oop te draai. Nes met die waterdruk, dit het ook dadelik aandag gekry deur net die pomp aan te skakel. Jammer as dit bygedra het tot enige ongerief.

Gerhard G
Kort verblyf
5.0
Mei 2023

Fantasties, pragtig en gerieflik. Boomhuis @ Mabalingwe is 'n moderne maar rustige en gesellige "self-catering" eenheid in die hart van die bosveld. Dis baie veilig en ons tydjie daar was net 'n plesier. Die eienaars was heeltyd beskikbaar en tot hulp wanneer nodig. Die plek is ruim, kombuis goed toegerus en ons groep van 3 pare het baie gemaklik gebly. Sal definitief weer by Boomhuis @ Mabalingwe gaan bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lynette
Boomhuis
Baie dankie Duan. Ons hoop om julle weer te sien.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.2/5

Lynette Geverifieer

Eiendomme 22

Resensies 246

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf R3 800
R3 800 R2 533
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 800
R3 800 R2 533
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R516, Mabalingwe Game Reserve, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1aa146f5be62b0ae881dc4adabd41e04cb9d02ce796f9e1d3b06fb577a5236446ebd99c460cb5ebf209083ed28af5c3d8575?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 800 nouVanaf R2 533 per nag (plek vir 6) 13 5 1 5 R516 Mabalingwe Game Reserve 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -24.805479050755 28.096723500449

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang