Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Boontjieskraal

Gastehuis
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grensstraat 725, Rooierwe, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Boontjieskraal is 'n pragtige selfsorgplaashuis wat in die hartjie van Rooierwe, Calvinia, geleë is. Vir diegene wat op soek is na 'n rustige wegbreek van die stad se gewoel is dit die ideale opsie aangesien dit afgesonder is en 'n asemrowende uitsig oor die plaas bied.

Dié eiendom bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers met lugversorging en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gaste van hierdie 2 slaapkamers deel die tweede badkamer wat 'n stort het. Wit linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, ysmasjien, eetgerei, breekware en 'n etenstafel toegerus is. Hierdie kombuis het 'n ingeboude braai. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met die volle DStv-pakket. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Die dubbeldeure lei na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en 'n ingeboude braai wat die ideale plek vir 'n skemerkelkie is. Die stoep lei na 'n swembad waar gaste op warm somersdae kan afkoel.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Jacques V
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker gebly. Baie goed ingerig. Baie mooi uitsig.
Jul 2024
Lizeth N
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlike verblyf - voel soos plaas! Ons verwagtinge was oortref - dit het gevoel asof ons op die plaas is! Die huis is uitstekend toegerus, ons het ni...
Sien meer
Des 2023
Matthew J
Saam met vriende
5.0
The best stay with the best views of the Hantam Mountains. The amenities combined with the views and well-kept animal life around the h...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023
Barbara W
Saam met vriende
5.0
Awesome! Karen was a wonderful host from the get-go with caring personal messages. The house was beyond expectations and so well-equipp...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2023
Werner W
Saam met vriende
5.0
Calvinia lekker kuier. Die is regtig 'n lekker kuier en braai huis. Dit was ook lekker sentraal vir ons om die omliggende dorpies en Noord-Kaap te kon...
Sien meer
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Jc Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 82

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Grensstraat 725, Rooierwe, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
  • Gaste dink Boontjieskraal het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grensstraat 725, Rooierwe, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAddb29803f0cc0df195315db41eb595bea3e1479760de3c7b07c8ead21214d9bdf8ca93ba2fd85c2b122432f7bbbf373a2212?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6) 9 5 1 5 725 Grens Street Rooierwe 8190 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.456484388624 19.792905053867

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang