Boord Guesthouse
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
ES Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 111
Op LekkeSlaap 10 jaar
Opsomming van Resensie
Izak M - Jul 2024
Algehele gradering
Voel soos huis.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dankie beste Mnr. Ons sien opreg uit na u volgende besoek. Allerbeste wense van die Boord Gastehuis-span.
Engela V - Jun 2024
Algehele gradering
Uitstekende diens en skoon. Kindervriendelik.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Angela, baie dankie vir die gesogte lof. Ons sien uit daarna om jou weer te verwelkom. Francois-Paul en span.
Kotie V - Apr 2024
Algehele gradering
Saligheid.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Kotie
Baie dankie vir die pragtige positiewe terugvoer. Ons sien baie uit na jou volgende besoek.
Allerbeste wense
Sherry en span.
Sonja D - Okt 2024
Algehele gradering
Verblyf en diens was uitstekend!
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Sonja
Baie dankie vir die pragtige positiewe terugvoer. Ons sien baie uit na jou volgende besoek.
Allerbeste wense
Sherry
Jandri N - Mrt 2024
Algehele gradering
Goed.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dankie dat u by ons gebly het.
Theo V - Okt 2022
Algehele gradering
Baie gerieflik.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Theo,
En watter lekker gaste was julle nie! Ons het dit regtig baie geniet om julle te kon verwelkom - en ons sien uit na jul volgende besoek. Julle is altyd baie welkom.
Allerbeste Wense,
Sherry
André K - Sep 2022
Algehele gradering
Baie lekker.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe André
Dit was heerlik om jou te hé. Baie, baie dankie. Kom gou weer.
Allerbeste wense
Sherry
Stephanie C - Sep 2022
Algehele gradering
Ons is baie gasvry ontvang en die verblyf was fantasties!
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Stephanie,
Dankie vir die mooi en bemoedigende woorde.
My staff glimlag nou vanoggend van oor tot oor.
Baie baie dankie. Kom kuier gou weer.
Allerbeste Wense,
Sherry
Corli P - Jul 2022
Algehele gradering
Sentraal geleë, ruim kamer met vriendelike diens.
Lees meerBoord Guesthouse se terugvoer
Liewe Corli,
Dankie vir jou pragtige resensie. Daardie James glimlag vanoggend van oor tot oor, jy het sy dag gemaak. Ek is baie bly julle het dit geniet en ons sien uit om jul terug te verwelkom.
Allerbeste wense
Sherry
Hendre J - Jul 2022
Algehele gradering
Heerlike oornagverblyf in mooi omgewing.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Hendre
Dit was heerlik om julle te verwelkom en ons sien uit na jul volgende besoek. Ons is bly julle het dit geniet - baie dankie vir die volpunte wat jy gegee het: die staf se ogies blink sommer vanoggend. Hulle gee altyd hul bes. Baie baie dankie.
Allerbeste Wense
Sherry
Juan R - Mei 2022
Algehele gradering
Ons was baie vriendelik verwelkom. Die ontbyt was heerlik.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Juan
Dankie vir die pragtige woorde. Dit was vir ons 'n voorreg om julle te ontvang en ons hoop jul kom gou weer. Ons doen altyd ons bes.
Allerbeste wense
Sherry
Carin L - Mrt 2022
Algehele gradering
Baie vriendelike, hulpvaardige personeel met gerieflike kamers.
Boord Guesthouse se terugvoer
Ai Carin dit was mos nou darem net een baie groot plesier!
Ons hoop dit gaan nou al baie beter met "ons" liewe pasient!
Sterkte en dankie dat julle by ons gebly het.
Allerbeste wense van Sherry en Span.
Annemarie N - Jan 2022
Algehele gradering
Baie lekker, vriendelike personeel.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Annemarie,
Dit was heerlik om julle lekker familie te he en ons sien uit om jul weer terug te verwelkom.
Dankie dat jy moete gedoen het met n volpunte review - vir alles!
Ons probeer altyd ons bes en ons waardeer dit opreg.
Allerbeste Wense
Sherry
Sanette J - Mei 2022
Algehele gradering
Netjies, ruim en gemaklik.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Sanette,
Ons is baie bly om te hoor julle was so tevrede. Dis altyd vir ons 'n riem onder die hart, want ons doen ons beste. Ons sien uit om julle volgende keer terug te verwelkom. Dankie dat julle by ons gebly het.
Allerbeste Wense
Sherry
Matwill F - Jun 2022
Algehele gradering
Friendly, clean, spacious room.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dear Matwill,
It was an absolute pleasure having you and we look forward to your next visit.
Warmest Regards,
Sherry
Heila V - Feb 2022
Algehele gradering
Baie lekker.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Heila
Dankie dat julle by ons gebly het. Ons is baie bly jul het dit geniet en ons sien uit om jul terug te verwelkom.
Allerbeste Wense
Sherry
Janke V - Jul 2021
Algehele gradering
Ideaal!
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Janke,
Baie dankie vir jou mooie woorde. Dankie dat jy by ons gebly het. Kom gou weer.
Beste wense,
Sherry
Noddy S - Jun 2021
Algehele gradering
Dit mag ’n cliché wees, maar die Boord Gastehuis is 'n ware tuiste weg van die huis .
Boord Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir die wonderlike aanbeveling. Julle en Yogi was nommerpas ons geliefkoosde soort gaste. Dankie dat jul by ons gebly het. Ons sien uit om jul gou weer in Stellenbosch te verwelkom.
Annelise V - Mei 2021
Algehele gradering
Baie aangenaam, vriendelik, behulpsaam.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Annelise,
Baie dankie dat julle by ons gebly het en dankie vir die mooi aanbeveling. Ons waardeer dit opreg en sien uit om jul gou weer terug te verwelkom.
Allerbeste Wense,
Sherry
Etienne C - Mrt 2021
Algehele gradering
Goed ontvang.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Etienne
Baie dankie vir die mooi woorde. Ons sien uit na jul volgende besoek. Dit was baie lekker om julle te verwelkom.
Allerbeste Wense
Sherry
Alex L - Mrt 2021
Algehele gradering
Baie gerieflik!
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Alex
Dankie vir die mooi woorde. Ons waardeer dit opreg. Ons sien baie uit om jul terug te verwelkom. Geniet die Paasnaweek.
Allerbeste Wense
Sherry
Charmaine C - Mrt 2021
Algehele gradering
Absoluut fantasties!
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Charmaine
Dit was heerlik om julle te verwelkom en ons hoop om julle weer te sien. Dankie vir die pragtige review.
Allerbeste Wense
Sherry
Engela P - Mrt 2021
Algehele gradering
Wonderlike geriewe, flink en vriendelike diens.
Lees meerBoord Guesthouse se terugvoer
Liewe Engela,
Dit was heerlik om jul hier te he en ons sien baie uit om jul terug te verwelkom.
Allerbeste Wense
Sherry
Answa P - Aug 2021
Algehele gradering
Ons het heerlik gebly by Boord Gastehuis!
Boord Guesthouse se terugvoer
Dankie vir jou mooi woorde Answa. Ons waardeer dit opreg. Kom gou weer. Dit was lekker om jou hier te hê.
Dr Kolie V - Apr 2021
Algehele gradering
Goeie diens en vriendelike bestuur.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Dr,
Dit was vir ons heerlik om u te hé by die Gastehuis, en ons hoop ons sien u gou weer. Dankie dat u die moeite gedoen het om vir ons 'n pragtige resensie te pen. Ons waardeer dit opreg.
Vriendelike Groete
Sherry Hoogenhout
Talita M - Nov 2021
Algehele gradering
Aangename verblyf met alle moontlike geriewe.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Talita,
Dit was n voorreg om sulke heerlike gaste soos julle te hé. Ons sien uit na jul volgende besoek. Dankie vir die mooi woorde. Geseende Kersfees.
Allerbeste Wense,
Sherry
Jan V - Jun 2021
Algehele gradering
Baie bevredigend.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Jan,
Dit was heerlik om jul hier te he en jul goedgemanierde, pragtige skoon dierekind is enige tyd weer welkom. Dankie dat julle ons gekies het.
Allerbeste Wense,
Sherry
Anita B - Mei 2021
Algehele gradering
Wegbreeknaweek na Stellenbosch.
Boord Guesthouse se terugvoer
Baie dankie dat julle by ons gebly het. Dit was vir ons heerlik om julle te verwelkom. Dankie vir die mooi woorde, ons waardeer dit opreg. Kom gou weer!
Karen H - Feb 2021
Algehele gradering
Student kom aflaai by die universiteit.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Karen
Dankie dat jul by ons gebly het en dankie vir al die mooi dinge wat jy se, ons waardeer dit opreg. Kom kuier gerus gou-gou weer!
Allerbeste Wense
Sherry
Sylvia T - Jan 2021
Algehele gradering
Familiekamer is baie netjies. Ontvangs was vriendelik.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Sylvia,
Ja ek moet se, ek stem saam met jou, dat een gastehuiskamer beknop kan voel as jy vyf groot mense daar insit. Mense met tieners sit gewoonlik die kinders in hul eie kamer. Maar almal by mekaar kan gesellig wees en ek is bly jul het dit as n aangename vriendelike omgewing ervaar. Die besienswaardighede is inderdaad maklik bereikbaar. Die voetgangers is maar mensies wat werk toe stap en in ons stil cul de sac is die sekuriteit regtig nie n probleem nie.
Vriendelike Groete
Sherry
Charl L - Mei 2021
Algehele gradering
Okay.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Charl,
Ons sluit definitief ons voordeur en neem definitief die sekuriteit van ons inwoners ernstig op, so ek is jammer, maar jy gaan definitief altyd ons voordeurklokkie moet lui. Ons het gevolglik nog nooit ooit enige insidente gehad nie. Ons is in n baie veilige area, ek weet, en ten spyte daarvan, is ons versigtig. Ons sal nooit ons voordeur laat oopstaan nie. Dis ononderhandelbaar.
Groete
Sherry
Sunet N - Des 2021
Algehele gradering
Gesinskuier.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Sunet,
Dankie dat julle by ons gebly het.
Daar is grondverdieping kamers vir mense wat nie trappe wil klim nie. Dalk volgende keer daar bespreek. Party van ons kamers het lekker oop kaggels.
Ontbyt word in die winter voor ons oop kaggel bedien en in de somer langs die swembad. Ons ontbyt is altyd dieselfde en bestaan uit die volgende om te kies - of om alles te neem:
- Hawermout met heuning en versnipperde droee vrugte,
- Engelse Ontbyt met keuses van spek, roosterbrood (wit of volgraan - jy kies) gebraaide tamatieskywe, "baked beans", sampioene - en eiers nes jy wil he (gebraai, geposjeer, roereiers of hardgekookte eiers - jy kies)
- "French Toast met goue stroop.
- Gerasperde kaas, komkommer, slaai en piesangbrood of roosterbrood
- Drie soorte tee, moerkoffie of poeierkoffie, lemoensap, warm sjokolade, marmelade, arbeikonfyt, heel groenvye of gemmer, Bovril, souse ens, ens. .
Groete
Sherry
Christian B - Mei 2021
Algehele gradering
Koue klipvloer. Nie weer in die winter nie.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Christiaan,
Jammer jy het nie baie lekker gebly nie, maar ek is bly jy het, soos jy se, die goeie ontbyt voor ons oop kaggel geniet, en ek is ook bly jy het die warm watersak, die lekker sjokolade en klein glasie sjerrie geniet voor slaaptyd. Ons doen ons bes.
Die klipvloere word daagliks met ontsmetmiddel gewas, met ons baie streng Covid protokol, vir ons gaste se veiligheid. Mens kan dit ongelukkig nie met matte doen nie, kan mens? Ek volg op oor die beweerde swart merke op die handoeke.
Dan, 50% van ons kamers het heerlike oop kaggels in en die res het lekker knus olieverwarmers. Al ons gordyne het benewens "block-out" ook dik wollerige knus voering. Oor die traagheid van die afstandbeheer kan ek nie kommentaar lewer nie. Hul word daagliks getoets, as deel van ons roetine. Hulle werk.
Groete
Sherry
Albertus V - Des 2020
Algehele gradering
Baie netjies en goed gediens.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Albertus,
...en insgelyks was julle net n absolute genot as ons gewaardeerde gaste! Baie baie dankie vir jul ondersteuning in hierdie tyd. Ons waardeer dit dubbel en dwars. Kom gou weer. Voorspoed vir 2021.
Allerbeste Wense,
Sherry
André N - Mrt 2020
Algehele gradering
Baie aangenaam.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Andre
Dit was heerlik om julle te ontvang en ons hoop julle gaan dikwels in die toekoms weer kom kuier. Dankie dat julle by ons gebly het.
Beste wense,
Sherry
Jacqueline S - Jan 2020
Algehele gradering
Heerlike tyd gehad.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Jaqueline,
Baie dankie dat julle by ons gebly het,dit was vir ons ook lekker. Ons is so bly jul het lekker geslaap en van die personnel gehou. Die lugging is lekker uit die verkeerschaos van Stellenbosch en lekker net 5 min binne trefafstand van die middedorp. Ons sien baie uit om jul gou weer terug te verwelkom.
Allerbeste wense
Sherry
Frans K - Des 2020
Algehele gradering
Aangename, vriendelike omgewing.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Frans
Dankie vir die moeite om ons te resenseer. Ons waardeer dit opreg. Ons is so bly dat dit lekker was- ons probeer altyd ons uiterste bes. Ons hoop om jul gou weer terug te verwelkom.
Allerbeste Wense
Sherry
Deon K - Mrt 2020
Algehele gradering
Acceptable.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dear Johannes,
With all due respect, I do think that this forum is more interested in the Guesthouse than in the spider web and leaves you saw outside in the garden. In all fairness, it is autumn and leaves do fall.
The braai was used by guests this weekend and they said it was lovely, not sure what was in disrepair, but I thank you for your garden notes and I will certainly make an extra effort outside.
I see you gave our location full marks and you thought security was good. I am glad that you were happy with that. I wish you had said something about the guesthouse itself, I am assuming you were happy with that.
Yours truly,
Sherry
Anonieme gas - Mrt 2020
Algehele gradering
Michelle S - Okt 2020
Algehele gradering
Meer verwag.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Michelle
Dat u nie sherry en sjokolade gekry het nie is 100% nie reg nie- al ons gaste kry dit.
As u nie in die kamer is tydens “turn-down” nie kan ons uiteraard tog nie sherry aanbied nie - maar daar wag steeds sjokolade op elke kussing. Ek sien tog u was meer positief oor ons ligging en ons waarde vir geld. Dankie daarvoor.
Die Internet was af want die nare padbouers op die R44 het die veselkabel beskadig. Dis frustrerend, ek weet, maar immers buite ons beheer? n Hotelkamer wat 4 volwassenes akkommodeer is eerstens uitsonderlik en tweedens, met alle respek, sal daar dan uiteraard minder spasie wees. Ons kamers is uitsonderlik ruim. Juis daarom kan ons 4 volwassenes in een kamer ontvang.
Beste Wense
Sherry Hoogenhout ( eienaar )
Charmaine S - Feb 2019
Algehele gradering
Fantasties!
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Charmaine, Hartlike dank vir die wonderlike beoordeling. Dit was vir ons n voorreg om jou te verwelkom en ons hoop om jou gou weer te sien. Dankie dat jy by ons gebly het.
Allerbeste Wense,
Sherry
Chantelle K - Jun 2019
Algehele gradering
Baie vriendelike personeel en sal beslis weer daar gaan bly, dit was tops!
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Chantelle,
Dankie vir die wonderlike pluimpie vir my personeel, dit is n riem onder my hart. Kom kuier gou weer!
Vriendelike Groete
Sherry
Monique B - Mei 2019
Algehele gradering
Lekker bederf.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Monique
Dit was lekker om julle te verwelkom. Dankie vir die wonderlike evaluering. Ons sien uit na jul volgende besoek.
Allerbeste wense
Sherry
Maurizio B - Apr 2019
Algehele gradering
Nice, clean place, with excellent breakfast, spacious rooms and efficient staff.
Lees meerBoord Guesthouse se terugvoer
Dear Maurizio,
Thank you so much for the lovely review. We are truly very happy that you liked the room, the staff and our breakfast. We love it if our guests are satisfied. Regarding our position, it's one of those things: hotels in the very centre have complaints from guests about no parking and terrible traffic jams. I suppose it depends. It really does. You have to go a little further to get into town from us, but we offer very quick and easy access to all the wine farms. But I can see you loved Stellenbosch and we really look forward to welcoming you back.
Warmest regards,
Sherry
Hans V - Mrt 2019
Algehele gradering
Luxury guesthouse which ticks all the boxes.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dear Hans,
Thank you for your kind words and for taking the trouble to review us. We appreciate that hugely. We are so glad you enjoyed your stay. We hope to welcome you back soon.
Warmest Regards,
Sherry
Calvin B - Mrt 2019
Algehele gradering
Beautiful and quaint place, in a Stellenbosch.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dear Calvin,
Thank you for your really lovely compliments. We do appreciate your kind words.
I must point out that we do serve Gipsey Ham with our Eggs Benedict as well as our Tomato and Ham Omelettes.
You just need to order. We really hope to welcome you back soon. You will always be welcome at Boord Guest House.
Warmest regards,
Sherry
Louw P - Feb 2019
Algehele gradering
Baie netjies and vriendelike mense.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Louw
Dankie aan 'n baie lekker en vriendelike gas. Ek is so bly jy het die kamer en die ontbyt so geniet. Ons hoop ons sien jou sommer gou weer.
Allerbeste wense
Sherry
Marié H - Sep 2019
Algehele gradering
Aangename verblyf, met vriendelike personeel, maar pasop vir die trap.
Lees meerBoord Guesthouse se terugvoer
Beste Marie,
Dankie vir al die positiewe treugvoer. As gewardeerde gaste sit ons jul volgende keer by u versoek op die grondverdieping.
Allerbeste Wense
Sherry
Dorothea V - Mei 2019
Algehele gradering
Baie aangenaam in veilige omgewing.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Rothea,
Baie dankie vir die aanbevelings. Dit was lekker om jou te verwelkom. Kom kuier gerus gou weer.
Groete
Sherry
Dorothea V - Mei 2019
Algehele gradering
Baie aangenaam in veilige omgewing.
Lisbeth B - Feb 2019
Algehele gradering
Gerieflik om by te oornag vir 'n besoek aan die Medikliniek.
Boord Guesthouse se terugvoer
Goeiedag Liz,
Baie baie dankie vir die pragtige en bemoedigende woorde. Ons waardeer dit opreg. Volgede keer moet ons sorg dat julle in een van ons onderste kamers bly.
Beste wense,
Sherry
Michael R - Jun 2019
Algehele gradering
Alles wat ek nodig gehad het, byderhand - met uitstekende diens besprinkel!
Lees meerBoord Guesthouse se terugvoer
Beste Michael,
Dankie vir die wonderlike terugvoering....ons hoop om u gou weer te verwelkom!
Groete
Sherry
Jamie S - Jun 2019
Algehele gradering
Aangenaam en ontspanne.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Jamie,
Dankie vir die heerlike aanbeveling. Ons sien uit om u gou weer te verwelkom!
Beste wense
Sherry
Yolande T - Nov 2019
Algehele gradering
Dit was ok.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Yolande,
Ek onthou jul besoek baie goed.
As 'n spesiale vergunning, het ons julle vroeg laat inboek teen 12nm - en nie 2nm soos gewoonlik nie. In die haas, het die staf toe een teelepel en een koffiebeker wat nog in die groot kombuis se skottlgoedmasjien was, nie betyds terug in die suite se kombuisie besorg nie. Ons het natuurlik dadelik op jou klagte daaroor gereageer, soos jy goed sal onthou.
Wat die spieeltafel betref, is jy reg. Daar is 'n klein, ronde eetkamertafel en twee eetkamerstoele in die sitkamergedeelte van die suite en in die slaapkamergedeelte van die suite is daar 'n vollengte spieël sowel as 'n kleiner spieël met 'n prop en 'n haardroër. Ek onthou baie goed dat jy gesê daar was nie n haardroër prop by die spieël nie - tot ons dit vir jou gewys het. Ek onthou ook baie goed dat jy n 50% afslag gevra het vir hierdie rede. Jy het ons hierdie resensie belowe toe ons weier. Ons het ook die agentskap daarvan verwittig.
Ek is bly om te hoor dat jou verblyf egter ten spyt daarvan “ok” was.
Vriendelike groete
Sherry
Anonieme gas - Sep 2019
Algehele gradering
Jeanine A - Des 2018
Algehele gradering
Rustig!
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Jeanine,
Baie, baie dankie en beste wense vir n wonderlike Feesgety.
Van almal hier by Boord Gastehuis
Zanet M - Nov 2018
Algehele gradering
Personeel was baie behulpsaam en vriendelik.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Zanet
Baie hartlik dankie vir die volpunte resensie. Ons sien baie uit om jou sommer baie gou weer terug te verwelkom. Dankie dat jy by ons gebly het. Alle voorspoed jou toegewens vir 'n voorspoedige 2019.
Allerbeste wense, Sherry.
Jeanine G - Sep 2018
Algehele gradering
Rustig.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Rencia,
Dankie vir die bemoedigende resensie en die vyfster evaluasie. Dit beteken regtig baie vir ons en ons hoop om jul gou weer terug te verwelkom.
Vriendelike Groete
Sherry
Rudy J - Sep 2018
Algehele gradering
Gerieflik geleë en baie aangename verblyf.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Rudi,
Dankie dat ons 'n volpunte vyfster resensie van julle ontvang het. Dit maak heeltemal ons dag. Hoop julle kom sommer gou-gou weer!
Allerbeste Wense,
Sherry
Corlia L - Apr 2018
Algehele gradering
Pragtig en goeie waarde vir geld.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dankie. Nou is daar sterre in die staf se oë.
Sonet S - Feb 2018
Algehele gradering
Baie gemaklik en mooi. Mooi ingerig vir die kinders.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Sonet,
Baie dankie vir die bemoedigende woorde. Ons staf probeer altyd hul bes en ons sal jou aanprysingb oordra. Hulle is altyd so trots. Ons hoop om jul gou weer terug te verwelkom.
Beste Wense
Sherry
Janet U - Feb 2018
Algehele gradering
Ruim kamers met alles wat nodig en goed ingerig. Heerlike ontbyt.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dankie Janet, vol punte. My personeel se oë blink.
Martin H - Nov 2018
Algehele gradering
It was a most enjoyable stay!
Boord Guesthouse se terugvoer
Dear Martin,
We are happy that you found our hospitality, facilities and service exceptional. That is such an encouraging review. We really appreciate it and we hope to have you back to visit soon. Happy New Year.
Warmest Regards
Sherry
Linda P - Sep 2018
Algehele gradering
Beste waarde vir geld.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Linda,
Dankie vir die pragtige beskrywing. Die beste nuus is dat ons goeie waarde vir geld is. Kom kuier gou weer!
Beste Wense,
Sherry
Mary-ann C - Feb 2018
Algehele gradering
Het regtig baie lekker gerus.
Boord Guesthouse se terugvoer
Baie dankie Maryaan, ons sien uit na 'n volgende besoek. Ons bederf weer.
Jenny H - Aug 2018
Algehele gradering
Very welcoming and obliging.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dear Jenny,
We are most happy to hear that our Night Manager was welcoming and obliging with a very late check-in and then a breakfast before Breakfast Service. So it should be and we are proud of him. Thank you also giving us full marks for Service and Cleanliness. We hope to welcome you back soon.
Warmest Regards,
Sherry
Raynita V - Apr 2018
Algehele gradering
Heerlik.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dit was 'n voorreg en 'n plesier en ons hoop om u gou weer te verwelkom.
Anonieme gas - Okt 2018
Algehele gradering
Cy F - Aug 2018
Algehele gradering
Lekker ontbyt.
Lees meerBoord Guesthouse se terugvoer
Beste Collette,
Dankie vir jou gedetailleerde beskrywing.
Baie, baie dankie ons is bly jul het die ontbyt geniet. Ons personeel is ons goud en ons sal die positiewe en hartlike kommentaar aan hul oordra.
Ja, ongelukkig het ons net die park tussen ons en die straat - en dit is nie doodstil nie, maar dit help met Stellenbosch se druk verkeer. 'n Mens kom gouer uit waar jy moet wees.
Die motors parkeer buite die gastehuis, op ons eiendom, in afgemerkte parkeerplekke en beslis nie in die doodloopstraatjie nie.
Daar was 'n probleem met die krag, omdat almal verhitting aangesit het met die koue. In die kamers kan 'n mens nie die olieverwarmers en die lugversorger gelyktydig aansit nie. Jammer daaroor. Hoop die warmwatersakke in al die beddens het darem gehelp.
Die kamer waarin julle gebly het was ons Proteasuite, nie die Familiekameer nie.
Die Proteasuite is oopplan. Daar is wel oopswaai dubbldeure na die badkamer.
Die Familiekamer het 'n voordeur, 'n deur tussen die hoofslaapkamer, 'n deur tussen die hoofslaapkamer, 'n deur tussen die kinders se kamer en die badkamer.
Daar is nie gange in enige van ons kamers nie, so dit is korrek.
Dankie dat u by ons gebly het en ek hoop die positiewe uitoorweeg die negatiewe. Ons hoop om u weer te verweklom.
Vriendelike groete,
Sherry Hoogenhout
Marietjie O - Okt 2018
Algehele gradering
Okay.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Marietjie, ons is bly dat julle van ons groot en lekker kamers gehou het. Die vloer, handoek en vatdoek kwessies is baie streng onder die nuwe skoonmaker se aandag gebring en nou kan jy van sy vloere af eet. Ons gesondheidsontbyt sluit 3 verskillende brode, konfyte en ingelegte groenvye in, gevarieerde joghurts, vars bereide vrugteslaai, vars groenteslaai en gerasperde kaas. Soetgoed soos doughnuts en Hertzoggies, vars vrugtesappe, verskeie tee's, vars gemaalde koffie, sjokolade drankie, graankosse en eiers soos jy bestel. Plus die keuse van warm mieliepap met heel mielies en botter, of hawermout met rosyne en heuning. Die keuse vir die dag, bv ham en sampioen omelette, eiers benedict met ham, kaas en tamatie omelette, roereiers op Franse roosterbrood, ens. Ons is diep teleurgesteld dat julle dit as "niks om huistoe te skryf nie" beskou. Jammer vir dit. Groete, Sherry.
Christiaan B - Des 2017
Algehele gradering
Lekker, aangename atmosfeer en goed toegerus. Sal Boord Guesthouse definitief aanbeveel!
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Christaan,
Jou aanbeveling beteken werklik baie vir my en die personeel. Ons hoop om jou gou terug te verwelkom.
Beste wense,
Sherry
Anne-rita L - Sep 2017
Algehele gradering
Uitstekend!
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Anne-Rita
Baie baie dankie vir die positiewe terugvoer. Ek gee dit so deur aan die staff. Hulle sal baie bly wees. Ons hoop om jul gou weer terug te verwelkom.
Allerbeste wense
Sherry
Anika S - Sep 2017
Algehele gradering
Baie lekker.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Anika,
Dankie vir jou moeite om kommentaar te lewer. Dit beteken soveel vir die staf om erkenning te geniet vir hul harde werk. Ons sien baie uit om jul terug te verwelkom.
Allerbeste Wense
Sherry
Eienaar
Christiaan N - Des 2017
Algehele gradering
Baie mooi plek met goeie diens.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Christiaan,
Hartlik dankie! Kom kuier gerus gou weer.
Groete,
Sherry
Isabel T - Okt 2017
Algehele gradering
Goeie verblyf.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Gert,
Dankie vir die positiewe terugvoering. Ons stel dit baie op prys. Jammer oor die fout op die stelsel. Soms is die betalingsbewyse effe stadig. Ons is so bly u het n goeie verblyf geniet en ons hoop u kom gou weer.
Vriendelike Groete
Sherry
(Eienares)
Anonieme gas - Okt 2017
Algehele gradering
Clara B - Des 2016
Algehele gradering
Huis weg van die huis af.
Boord Guesthouse se terugvoer
Baie dankie dat jy sulke wonderlike goed oor ons sê. Bright staan hier langs my met 'n baie groot smile op sy gesig. Ons het saam hierdie resensie oop gemaak - hy kyk oor my skouer, en ek vertaal "on the fly". Kom gerus nog 6 keer, julle is baie welkom hier.
Tuschka R - Okt 2016
Algehele gradering
Fantastiese plek, kan maklik kompeteer met 4-ster-hotel!
Boord Guesthouse se terugvoer
Hartlik dankie, Tuschka. Dit was heerlik vir ons om jou te verwelkom en ons sien baie uit na 'n hersiens .
Desire D - Sep 2016
Algehele gradering
Dit was soos om by my eie huis te wees en ek gaan weer Maart soontoe. Vriendelike mense en net een woord: awesome!
Boord Guesthouse se terugvoer
Dankie Desire
Ons beskou onsself as die gelukkiges om sulke lekker gaste soos julle te kon verwelkom. Vriendelike Groete,Sherry
Ammi S - Jul 2016
Algehele gradering
Heerlike blyplek. "You feel at home"!
Boord Guesthouse se terugvoer
Haha! Ek sal hom se. Baie dankie vir die pragtige woorde. Ons hoop om u gou weer te verwelkom. Beste Wense, BOORD Bestuur
Alfred H - Sep 2016
Algehele gradering
Vriendelikste, behulpsaamste personeel wat ek nog teëgekom het!
Lees meerBoord Guesthouse se terugvoer
Alfred, julle was 'n ongelooflike lekker familie on te hê. Ons het jul verblyf net soveel geniet, ek verseker jou. Dankie vir die allerpragtige review. Ons waardeer dit geweldig. Kalaharigroete :-) Sherry
André G - Feb 2016
Algehele gradering
Uitstekende diens, ontbyt goed langs mooi oop area langs swembad, ligging sentraal.
Lees meerBoord Guesthouse se terugvoer
Dankie vir jou tyd en moeite om so n positiewe review te skryf, Andre. Kom gou weer? :-)
Joha C - Jan 2016
Algehele gradering
Gerieflik.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dankie, Joha, ek waardeer die positiewe terugvoer. Ek stem saam oor die lugversorging en daarom is ons besig om stelselmatig te installeer. Na Februarie behoort meer as helfte van ons kamers dit te he en teen volgende somer, almal! Die Suidoos kan ek ongelukkig niks aan doen nie :-) Kom kuier gerus gou weer? Groete Sherry
Johan V - Okt 2016
Algehele gradering
Aangename en veilige verblyf.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dankie Johan, ons het geniet om jul as gaste te hê, en ons dink die beker idee is prima. Koppies is klein as mens lus is vir koffie, nê?. Jy is 100% reg. Baie dankie vir die lekker wenk. Dit word vandag toegepas. Kom kuier gerus gou weer.
Angeline L - Jun 2016
Algehele gradering
Heerlike, gerieflike verblyf met 'n lekker groot ontbyt.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dankie, Angeline, Ons gaste geniet 'n gesonde ontbyt voor 'n knetterende kaggel vuur. Ons hoop om u gou weer te verwelkom.
Beste Wense, Sherry
Esme K - Mei 2016
Algehele gradering
Baie lekker.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dankie Esme. Kom gou weer?
Christa C - Mei 2016
Algehele gradering
Aangename ervaring.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dankie Christa, vir jou heerlike aanmoedigende woorde :-) Groete, Sherry
Marjon M - Sep 2016
Algehele gradering
Ruim kamers, goed geleë en 'n heerlike ontbyt soggens!
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Marjon,
Baie, baie dankie. Ons is bly dat julle alles so geniet het.
Beste Wense,
Sherry
Christine T - Mrt 2016
Algehele gradering
Gemaklike verblyf.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dankie Christine :-)
David C - Jul 2015
Algehele gradering
Baie geniet!
Boord Guesthouse se terugvoer
Baie dankie, David. Ek is so bly jy het dit geniet. Kom gerus gou weer!
Zelda S - Jun 2015
Algehele gradering
Wonderlike verblyf - baie bederf in die moosite kamers.
Boord Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir so 'n warmhartige aanprysing Zelda, ons waardeer dit ontsettend baie.
Michelle G - Apr 2015
Algehele gradering
Goeie diens, lekker kos en netjiese kamers.
Boord Guesthouse se terugvoer
Bly ons kon jou help Michelle! Baie dankie vir al jou mooi woorde!
Alicia P - Sep 2015
Algehele gradering
Baie aangenaam!
Boord Guesthouse se terugvoer
Baie baie dankie vir die kompliment, Margaret!
Henning A - Apr 2015
Algehele gradering
Oulik, professioneel en vriendelik.
Boord Guesthouse se terugvoer
Watter pragtige getuigskrif vir ons, Henning. Baie dankie, ons waardeer dit baie!
Piet S - Okt 2015
Algehele gradering
Oornag en ontbyt.
Boord Guesthouse se terugvoer
Thank you / Baie dankie Magda!
Mariana S - Jun 2015
Algehele gradering
Goeie ondervinding.
Boord Guesthouse se terugvoer
Mariana, ons hoop ook jy sal darem volgende keer bietjie langer kom ontspan? Baie dankie vir die aanbeveling!
Alison T - Jul 2015
Algehele gradering
Warm and cosy and efficient welcoming staff.
Boord Guesthouse se terugvoer
It warms my heart to see reviews like this, Alison. Thank you so much.
Johan R - Jun 2015
Algehele gradering
Rustige atmosfeer.
Boord Guesthouse se terugvoer
Johan, ons is geseënd om in sulke asemrowende natuurskoon te mag woon! So bly jy voel ook so en ek is bly jy het lekker gerus.
Marinda C - Jul 2015
Algehele gradering
Lekker gerus!
Boord Guesthouse se terugvoer
In vandag se gejaagde lewe is dit 'n wonderlike pluimpie. Dankie daarvoor, Hilton.
Oline O - Jul 2015
Algehele gradering
Snoesig!
Boord Guesthouse se terugvoer
Oline, ek is bly jy het lekker geslaap. Daar is min dinge so lekker soos 'n groot hemelbed en 'n lekker kaggel op 'n koue Bolandse winternag!
Guillaume M - Jan 2015
Algehele gradering
Baie geniet!
Boord Guesthouse se terugvoer
Julle was baie aangename gaste, Elize! Hartlik dankie.
Gideon C - Jul 2015
Algehele gradering
Ontbyt fantasties, verblyf baie skoon, en naby winkelsentrum vir 'n verskeidenheid eetplekke.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dankie vir die vriendelike aanbevelings, Gideon. Ons stel dit geweldig op prys.
Ian G - Jul 2015
Algehele gradering
Sal terugkeer!
Boord Guesthouse se terugvoer
Sal uitkyk vir julle, IG! So bly jy het alles aangenaam gevind. Die gaste geniet ons kaggels baie.
Amanda V - Jan 2015
Algehele gradering
Netjies, maar kan 'n paar aanbevelings maak.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Amanda
Ons kamers is opgegradeer en almal het nou lugversorging. Ons hoop om julle weer te verwelkom.
Vriendelike groete
Sherry
Mossie M - Des 2015
Algehele gradering
Skoon en rustig.
Boord Guesthouse se terugvoer
Baie dankie Pannie, dit word waardeer.
Adri M - Apr 2015
Algehele gradering
Teleurgesteld.
Lees meerBoord Guesthouse se terugvoer
Liewe Adri
Ek vra om verskoning. Soos jy kan sien, is dit beslis nie ons gewone standaarde nie en ons hoop julle sal ons 'n kans gee om reg te maak in die toekoms.
Vriendelike groete
Sherry
Stefan M - Okt 2014
Algehele gradering
Uitstekend!
Boord Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir al die komplimente, Stefan.
Elize R - Mei 2014
Algehele gradering
Baie aangename verblyf.
Boord Guesthouse se terugvoer
Elize, ons gaste se gemak kom eerste en ek stel jou mooi woorde op prys! Dankie!
Lynn E - Okt 2014
Algehele gradering
Ons verblyf was sorgeloos, netjies en skoon! Die hele familie van 21 het hier tuisgegaan!
Boord Guesthouse se terugvoer
Lynn, dit was 'n eer om jou wonderlike familie te huisves vir so 'n groot geleentheid. Julle kan gerus weer 'n slag kom kuier.
Nico D - Mei 2014
Algehele gradering
Clean, homely and hospitable.
Boord Guesthouse se terugvoer
Baie baie dankie, Nico.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Rhodes-Noordlaan 42, Die Boord, Stellenbosch, 7603, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang