Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Boplaas Guesthouse

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Boplaas Estate, Koue Bokkeveld, Ceres, 6836, Wes-Kaap
  • Vanaf R6 800 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Boplaas Guesthouse bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n lieflike vierslaapkamerhuis wat smaakvol versier is en lieflike uitsigte oor die pragtige omgewing bied. Die gastehuis is op 'n plaas geleë wat uit 1743 dateer en vrugte uitvoer. Boplaas is in die Koue Bokkeveld sowat 56 km van Ceres af geleë.

Die gastehuis is op sy eie privaat perseel geleë waar gaste op warm somersdae toegang tot 'n plaasdam het. Die huis het slaapplek vir 8 gaste in 4 slaapkamers. Daar is 2 badkamers, 'n kombuis wat volledig toegerus is, 'n waskamer, 'n sitkamer en 'n braaikamer met 'n eetarea. Daar is 'n lieflike dek buite en 'n dubbelmotorhuis vir parkeerplek. 3 van die slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het lugversorging en 'n haardroër. Die huis het 'n yskas, stoof, oond, 'n mikrogolf, gratis WiFi en sekere DStv-kanale.

Gaste kan gaan fietsry en voetslaan op die plaas en in die omliggende omgewing en op 'n warm somersaand kan 'n mens lekker braai. Die geskiedkundige plaashuis is ook 'n nasionale monument en is oop vir besoekers indien dit vooraf gereël word. Dit is ook die Afrikaanse digter Boerneef se tuiste en besoekers kan sy werk tydens die toer bewonder. Aangesien daar 'n vlieënier in die familie is kan gaste hulle geliefdes met 'n vlug oor die area in een van die lugvaartuie bederf. Vlugbeprekings moet 'n maand voor die inklokdatum gemaak word.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.6

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Kyla Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Boplaas Estate, Koue Bokkeveld, Ceres, 6836, Wes-Kaap
  • Gaste dink Boplaas Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Breederiviervallei Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 6 800
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R 6 800
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Boplaas Estate, Koue Bokkeveld, Ceres, 6836, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5019193b6151969da4248e04dd6c94d2cf53b4f824ea706a96ae982c403bee702c40aa71f0a7b5bd16ba6c2a16598d61f8a2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 800 per nag, vir 8 mense 11 5 1 5 Boplaas Estate Koue Bokkeveld 6836 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-22:00 11:00 -32.975696551077 19.358599483967

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang