Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bos en See

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Stefanie V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2023

Salig, gesellig en goed vir die siel! Bos en See was die perfekte plek vir ons as familie om by mekaar te kom. Die ligging is lieflik en die plek het alles wat 'n mens nodig het. Erna is 'n uitstekende gasvrou wat deurlopend belangrike inligting kommunikeer. Ons sal graag weer daar wil bly om nog herinneringe te versamel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Erna
Bos en See
Beste Stefanie, Baie dankie vir jou vriendelike kommentaar. Julle was die maklikste gaste ooit om te akkommodeer in die moeilike omstandighede met die storms en kragonderbrekings! Dankie vir julle positiewe gesindheid. Hoop om julle weer te sien.

Michelle V
Lang verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2023

Heerlik, gerieflik, veilig en naby die see. Bos en seevakansie verblyf in Keurboomstrand is 'n wonderlike plekkie om vakansie te hou, lekker naby die see en goeie waarde vir geld. Sal dit beslis weer besoek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Esmé V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Mrt 2021

Dit was absoluut heerlik. Baie gerieflike, ou seehuis soos ek uit my kinderdae onthou. Heerlik tussen die bome met pragtige uitsig. Baie goed toegerus. Koel tussen die bome so neem maar warm klere vir herfs en winter saam. Genoeg verwarmers en komberse word voorsien. Lieflik naby strand geleë en baie veilig. Trappe dalk probleem indien ouer persone in geselskap is.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ian & Analda D
Lang verblyf Gesin met klein kinders
4.4
Sep 2021

Perfek geleë onder die bome en naby die strand - baie stil en veilig. Hierdie was ons derde verblyf by Bos en See - dis heerlik vir 'n groot gesin. Die ou woning bied alle geriewe soos nodig wanneer mens gemaklik wil vakansie hou. Ons was net teleurgesteld dat die skottelgoedwasser wat tydens ons vorige besoeke in die kombuis was, hierdie keer nie meer daar was nie. Andersins het ons baie lekker vakansiegehou.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Brenda R
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Nov 2019

Fantasties. Aangename bestuurder. Alles was netjies en skoon en ek sal weer van hul gebruik maak.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Erna
Bos en See
Baie dankie vir die positiewe terugvoer Brenda. Ons waardeer julle betaling vir die breekskade en vinnige reakdie. Ons hoop om julle weer te kan akkommodeer. Groete, Erna

Analda D
Lang verblyf Gesin met klein kinders
4.4
Sep 2019

Heerlike familievakansie in 'n stil veilige omgewing en baie naby aan die see. Dit was die tweede keer wat ons tuis gegaan het by Bos en See. Dis ideaal vir ons groot gesin. Die vakansie was rustig en ontspannend.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Erna
Bos en See
Baie dankie vir die positiewe terugvoer, Analda. Ons hoop om julle weer te akkommodeer. Groete, Erna Bos en See

Ian & Analda D
Lang verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2018

Ons vakansie was heerlik rustig en ontspanne. Ons uitgebreide gesin van 10 mense het die week se vakansie by Bos en See terdeë geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Eunice N
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Feb 2017

Om saans aan die slaap te raak met die gedreun van die branders, en wakker te word met die gesels van die bosvoëltjies - wat meer kan 'n mens vra? 'n Ideale wegbreek vir almal wat rus en stilte in die natuur soek. Netjiese houthuis wat opgegradeer is om al die nodige geriewe te hê. Ruim 4 slaapkamers en groot woonkamer vir 'n lekker familiekuier. Naby genoeg aan Plettenbergbaai vir dié wat in interessante winkeltjies wil rondloop.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Erna
Bos en See
Baie dankie, Eunice, vir die positiewe terugvoer. Ons hoop om julle weer te sien. Vriendelike groete, Erna Bos en See

Stoffel G
Kort verblyf Gesin met tieners
4.2
Nov 2017

Het baie lekker gebly en al die reëlings het baie glad verloop. Sal definitief weer in die toekoms daarheen gaan. Baie lekker gebly. Die ligging is uitstekend, die kamers en geriewe is heeltemal voldoende vir 'n lekker groot gesin. Beide die kleiner kinders en die tieners het dit baie geniet!

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Alta V
Kort verblyf
3.8
Okt 2017

Huis, weg van die huis af. Baie dankie vir die beste van twee wêrelde. Ons as familie het regtig tuis gevoel.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0
Erna
Bos en See
Dear Alta, Thank you for the review. We hope we will see you again. Kind regards, Erna Bos en See

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Erna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R3 200
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R3 200
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bos en See, Keurus, Keurboomstrand, 6600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA916c4db0ee1cac53263c542bc5d3220dc099c85d780efefb3a82dd7b7d02ee40a3cce81635f70dcc41172dad96e0d8162212?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 200 per nag (plek vir 8) 14 5 1 5 Bos en See Keurus 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.002065314033 23.463563983058

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang