Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bos-Geluk Huis

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Maroelastraat 585, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R790 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Bos-Geluk Huis is sentraal in Marlothpark geleë en bied gehalte-verblyf aan 'n gesin of 'n groep vriende. Dis maklik bereikbaar vanaf die N4 en naby verskeie doendinge, besienswaardighede en geriewe.

Verblyf is beskikbaar in 2 selfsorghuise. Bos-Geluk is geskik vir tot 14 gaste en Bosaapie is ideaal 6 gaste wat verkieslik ouers met kinders is. Neem asb. kennis dat Bosaapie 'n klein eenheid is. Die kombuis is net groot genoeg vir 1 volwassene. Gehalte-matrasse, kussings en linne word voorsien en elke kamer het 'n waaier vir die warm somersdae. Elke huis het ook 'n kombuis wat volledig toegerus is, 'n sitarea met genoeg sitplek, lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi en 'n stoep met braaigeriewe.

Die perseel het 'n omsetter en die perseel word nie deur beurtkrag beïnvloed nie.

Die park het verskeie geriewe soos 'n gemeenskaplike swembad en 'n restaurant aan die oewer van die Krokodilrivier waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet terwyl hulle na die diere wat kom water drink kyk.

Gaste kan sebras, bosvarke en ander wild gedurende hul verblyf besigtig. Daar is ook nagapies by die voerpunte in die aande.

Bos-Geluk Huis is sowat 100 m vanaf die grens van die Krugerwildtuin wat deur die Krokodilrivier geskei word.

Nag- en dagritte is teen bekostigbare tariewe in die park en die Krugerwildtuin beskikbaar.

Mosambiek se grens is sowat 31 km weg en Swaziland se grens is 77 km weg. Gaste kan ook die Panoramaroete by Hazyview wat 148 km weg is besoek, en dit sluit God's Window, Bourke's Luck-kolkgate by die Blyderivierspoort en Mac Mac met pragtige uitsigte in. Gaste kan ook die wilde perde by Kaapsche Hoop anderkant Mbombela (Nelspruit) besigtig.

Bos-Geluk Huis se lugversorgers werk met koopkrag. Die eienaar laai slegs 30 eenhede op, en die gas sorg vir die res sodat die lugversorgers kan werk.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 53 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Rina O
5.0
Rustig en het lekker ontspan. Baie lekker! Dankie.
Nov 2024
Pierre C
Saam met lewensmaat
5.0
Rus vir die siel. Baie lekker gebly vir 2 nagte, skoon, netjies met alles wat jy benodig. Baie diere besoek bedags en veral saans die eenheid.
Mei 2024
Fritz H
Saam met vriende
5.0
Waarde vir geld met 'n bos-gevoel kuier/braaiarea. Ons het baie lekker gebly in Bos-Geluk. Dit was goeie waarde vir geld en ons het die braai/kuierare...
Sien meer
Mei 2024
Tamryn D
5.0
Lovely stay. Lovely house in a beautiful part of Marloth Park. We enjoyed the animals coming through. The beds were comfortable and the...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Piet D
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon, goed gelee, volop dierelewe. Dit was 'n uitmuntende ervaring om in 'n skoon huis met alle geriewe te kon bly. Die dierelewe by Bos-Geluk Huis i...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Susarah Maryna Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 96

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Maroelastraat 585, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Bos-Geluk Huis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 790
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 790
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Maroelastraat 585, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd82bad4a0ad05d980bf3bac4c0bc8b3c12ad6693f789e8522a641132fe209d811c0b9d5d1b20b873cdde7b62dd935d5bc7b2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R790 per nag (plek vir 6) 53 5 1 5 585 Maroela Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-23:00 09:00 -25.368623633158 31.759529110378

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang