Bosbok Chalets
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Bosbokstraat 462, Marlothpark, 1902, Mpumalanga
- Vanaf R950 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Bosbok Chalets bied selfsorgverblyf in die Marlothpark wildbewarea, grens aan die Krugerwildtuin en is net 20 km vanaf die Krokodilbrug-hek, indien gaste 'n besoek aan die Wildtuin wil aflê. In Marlothpark loop wild soos koedoes, sebras, kameelperde, impalas, blouwildebeeste, vlakvarke en volstruise vrylik rond en is daar ook talle voëlspesies om te besigtig.
Verblyf is beskikbaar in 4 oopplan-ateljeekothuise, wat elk verblyf aan tot 4 gaste bied. Elke kothuis het 'n slaaparea met 'n koninggrootte-bed wat as 2 enkelbeddens opgemaak kan word. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n kombuis met 'n tweeplaatstofie, 'n oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware, en 'n toonbank met stoele in elke kombuis. Die sitarea het 'n slaapbank en elke kothuis bied toegang tot 'n stoep met 'n piekniekbankie en braaigeriewe.
Gaste kan gebruik maak van die gemeenskaplike swembad met sitplek en van die braai-area en sambrele. Daar is ook 'n kinderspeelarea met 'n speelgimnasium, sandput, trampolien en swaaie. Die kothuise het 'n omsetter sodat gaste nie deur beurtkrag geaffekteer word nie.
Bosbok Chalets bied 'n ware bosveld ervaring. Gaste kan braai of in die oggende sit en koffie drink terwyl diere kom kuier of die voëls hoor tjirp in die bome. Gaste kan ook stap of ry na die Krokodilrivier om die Groot Vyf te besigtig of net 'n skemerkelkie langs die rivier geniet. Marlotpark bied 'n unieke ervaring waarop geen persoon moet uitmis nie.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Lynica Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 94
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Bosbokstraat 462, Marlothpark, 1902, Mpumalanga
- Gaste dink Bosbok Chalets het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Bosbokstraat 462, Marlothpark, 1902, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang