Boshuske
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Leeukruin 18, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
- Vanaf R2 100 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Boshuske is 'n ruim selfsorghuis met 'n uitkykdek in Leeupoort Vakansiedorp en is geskik vir 6 gaste.
Hierdie siersteenhuis beskik oor 3 slaapkamers met lugversorging, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, asook 'n buite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Hierdie kamers deel die gebruik van 'n badkamer wat 'n stort het. Die kamers het elk 'n glydeur wat na 'n stoep in 'n beskutte binnehof lei.
Die leefarea het ook lugversorging en 'n kombuis wat met 'n gas-kookblad, 'n oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Gaste kan hul maaltye om die agtsitplek-etenstafel geniet of in die sitarea voor die TV met sekere DStv-kanale ontspan.
Daar is 'n bomabraai-area en 2 toesluitmotorhuise, en Boshuske het 'n kos- en waterpunt waar vrylopende wild gereeld 'n draai kom maak.
In Leeupoort Vakansiedorp kan gaste vrylopende wild en 'n verskeidenheid voëlspesies besigtig, of aan aktiwiteite soos fietsy, draf, stap en wildritte op die reservaat deelneem. Die dorp het ook 'n gemeenskaplike swembad, winkels, drankwinkels en restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Kaggel
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Paul Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 26
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Leeukruin 18, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
- Gaste dink Boshuske het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Leeupoort Vakansiedorp Waterberg Limpopo
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Leeukruin 18, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang