Boskamp @ Survivor Africa Game Lodge
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Frischgewaagd-rylaan, Rooikraal-plaas, Stofberg, 0450, Limpopo
- Vanaf R6 000 per nag, vir 20 mense
Beskrywing
Boskamp @ Survivor Africa Game Lodge is 'n ruim plaashuis in die hartjie van die bosveld in die Loskopvallei. Hiér kan gaste in die stilte van die natuur ontspan waar hulle deur die Rooikraalberge omring word en elke sonsondergang magies is.
Die lodge bied selfsorgverblyf aan 20 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste 2 slaapkamers het elk 7 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 6 enkelbeddens. Elke badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof en -oond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is en 'n etenstafel het. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek.
Buite is daar 'n onderdakstoep met 2 piekniektafels en dit lei na 'n tuin met 'n vuurput waar gaste kan braai.
Die lodge bied wildritte teen 'n ekstra koste waartydens gaste drankies by die uitkykpunt kan drink terwyl hulle die asemrowende sonsondergang bewonder, of gaste kan sommer soggens 'n koppie koffie op die voorstoep drink en op die uitkyk wees vir wild wat af en toe daar raakgesien word. Die lodge is op die R33-roete tussen Middelburg en Groblersdal, sowat 30 km vanaf Groblersdal, geleë.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Oond
- Stoof
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Jodeen Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 1
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Frischgewaagd-rylaan, Rooikraal-plaas, Stofberg, 0450, Limpopo
Sien meer verblyf in Loskopvallei Limpopo
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Frischgewaagd-rylaan, Rooikraal-plaas, Stofberg, 0450, Limpopo