Boston Ivy
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Adri Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 27
Op LekkeSlaap 7 jaar
Opsomming van Resensie
Wilna T - Jan 2023
Algehele gradering
Baie gerieflik, vriendelike ontvangs. Sal graag weer daar bly.
Boston Ivy se terugvoer
Baie dankie Wilna. Dit was 'n groot plesier om julle te kon akkommodeer. Julle en die katjies is altyd welkom om weer te kom. Ons sien uit daarna om julle weer te verwelkom. Groete. Adri
Jerry S - Jan 2023
Algehele gradering
Ontvangs was baie goed, mooi skoon en als mooi op plek.
Boston Ivy se terugvoer
Baie dankie, Jerry. Dit was 'n plesier om julle te kon akkommodeer. Baie bly daar was genoeg spasie vir die waentjie ook. Jammer ek kon nie jou broer ook help nie. Hoop om julle weer te sien en baie dankie vir die mooi boodskappie in ons boekie ook. Groete, Adri
Henning N - Des 2023
Algehele gradering
Baie lekker rustige area. Baie aangename eienaars.
Boston Ivy se terugvoer
Dankie, Henning. Ons sien uit daarna om jou weer te ontvang.
Henning N - Des 2022
Algehele gradering
Uitstekend.
Boston Ivy se terugvoer
Baie dankie Henning. Dit was 'n groot plesier om jou te kon akkommodeer. Hoop ons sien jou gou weer.
Agnes F - Aug 2022
Algehele gradering
Stil area, baie rustig wat ons waardeer. Geen geraas. Woonstel het alles wat mens nodig het. Baie veilig. Adrie is baie vriendelik. Ons op hoogte gehou van beurtkrag.
Boston Ivy se terugvoer
Baie dankie, Agnes
Ons hoop werklik julle het lekker by ons gebly. Baie dankie vir die positiewe terugvoer.
Ek hoop julle kry gou 'n plekkie om julle nuwe tuiste te maak. Marie is pragtig en so vriendelik.
Indien ons julle enigsins verder kan help, laat weet gerus.
Duisende dankies weereens,
Adri & Johannes
Sunette B - Mei 2022
Algehele gradering
Baie aangenaam.
Boston Ivy se terugvoer
Baie dankie Sunette. Jy is baie welkom om weer te kom bly. Ook baie dankie vir hoe pragtig skoon en netjies jy die woonstel gelaat het. Ek waardeer dit opreg.
Erika V - Feb 2022
Algehele gradering
Sentraal geleë, skoon en gemaklik.
Boston Ivy se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer, Erika. Ons sal definitief daaraan dink om 'n eenrigting film op die slaapkamer venster te sit, sodat die gordyne oop gelos kan word, of 'n kantgordyn soos genoem. Ons waardeer die terugvoer opreg en wil definitief ons gaste se verblyf probeer verbeter. Ons hoop om julle weer te kan akkommodeer. Vriendelike groete, Adri
Frederick B - Mrt 2022
Algehele gradering
Baie tevrede.
Boston Ivy se terugvoer
Baie dankie vir die mooi resensie, Frederick. Ons hoop ons kan julle weer in die toekoms akommodeer en baie geluk met jul seun se mooi prestasies. Groete.
Sharon K - Aug 2022
Algehele gradering
Comfortable, secure, spacious and beautifully decorated.
Boston Ivy se terugvoer
Thank you kindly, Sharon. You are always welcome to visit us again.
Elsie P - Jul 2022
Algehele gradering
Besigheid reis.
Boston Ivy se terugvoer
Baie dankie, Elsie. Ons sal so gou as moontlik aandag gee aan jou voorstelle. Waardeer my gaste se terugvoer opreg. Ons hoop om jou weer te kan akkommodeer.
Ricka V - Jun 2022
Algehele gradering
Baie aangename verblyf.
Boston Ivy se terugvoer
Baie dankie, Ricka.
Ans-sophi S - Sep 2021
Algehele gradering
Baie aangenaam met vriendelike diens.
Boston Ivy se terugvoer
Baie dankie! Altyd welkom hier by ons.
Granville P - Jul 2021
Algehele gradering
Wonderlike gashere.
Boston Ivy se terugvoer
Baie dankie, Granville. Ek waardeer jou mooi woorde opreg. Hoewel daar 'n paar probleme was met aankoms, kon ons dit darem vinnig uitsorteer. Weereens dankie en julle is altyd weer welkom.
Ilza V - Des 2019
Algehele gradering
Adri is fantasties.
Boston Ivy se terugvoer
Baie dankie vir jou mooi woorde, Annalie. Jullei is altyd welkom.
Marelize D - Mrt 2019
Algehele gradering
Lekker.
Boston Ivy se terugvoer
Baie dankie, Marelize.
Altyd welkom!
Pieter R - Okt 2019
Algehele gradering
Uitstekende diens.
Boston Ivy se terugvoer
Ons is baie dankbaar vir die positiewe terugvoer, Pieter. Hoop ons kan jou weer in die toekoms akkommodeer.
Madelein D - Apr 2018
Algehele gradering
Uitsonderlike waarde vir geld.
Boston Ivy se terugvoer
Baie dankie Madelein en Verna. Ons sien uit daarna om julle weer te akkommodeer. Dis altyd heerlik om gemaklike en vriendelike gaste soos julle te ontvang. Baie bly die katte geniet dit ook.
Kobus C - Mrt 2018
Algehele gradering
Uitstekend.
Boston Ivy se terugvoer
Baie dankie Kobus. Julle sal altyd welkom wees. Julle was stil, rustige en baie netjiese gaste. Dit word altyd opreg waardeer. Ook wil ek bitter graag baie dankie sê vir julle uitsonderlike poging om water te bespaar tydens julle verblyf, dit word ook opreg waardeer. Hoop ons sien julle gou weer.
Sonet B - Mrt 2018
Algehele gradering
Gemaklik, voldoende, baie netjies, gerieflik en vreedsaam.
Boston Ivy se terugvoer
Baie dankie Sonet. Dis altyd lekker om gaste soos julle te hê. Altyd welkom by Boston Ivy.
Faizan R - Jan 2018
Algehele gradering
Awesome.
Boston Ivy se terugvoer
Thank you, Altaf. We're glad you enjoyed it and had a good time in Cape Town. Please visit again.
Beatrix S - Des 2017
Algehele gradering
Hoogs aan te beveel, beste gasvryheid en pragtige ruim woonstel.
Boston Ivy se terugvoer
Baie dankie, Bernard. Julle sal altyd welkom wees en was wonderlike gaste.
Marietjie H - Des 2017
Algehele gradering
Een van die lekkerste blyplekkies in 'n tuinwoonstel. Rustig, veilig en beslis waarde vir geld.
Boston Ivy se terugvoer
Baie dankie, Marietjie. Julle is altyd welkom. Julle was aangename en netjiese gaste. Ons waardeer dit opreg.
Ignatius M - Des 2017
Algehele gradering
Beste verblyf waar ek nog was en meer as gewillig om aan te beveel.
Boston Ivy se terugvoer
Dankie Ignatius, jy was 'n puik en vreeslik netjiese gas en is altyd welkom!
Koos B - Okt 2017
Algehele gradering
Ons het lekker gebly.
Boston Ivy se terugvoer
Baie dankie, Koos. Julle was voorwaar wonderlike gaste. Julle het my plekkie so mooi skoon en netjies gehou. Sulke gaste word opreg waardeer en is altyd welkom.
Jacques M - Sep 2017
Algehele gradering
Absoluut awesome!
Boston Ivy se terugvoer
Baie dankie Jacques. Baie bly jy het dit geniet.
Errol N - Sep 2017
Algehele gradering
My verblyf was lekker, die plek is mooi en skoon.
Boston Ivy se terugvoer
Baie dankie, Errol. Hoop ons kan julle weer in die toekoms akkommodeer.
Pieter M - Okt 2017
Algehele gradering
Rustig.
Boston Ivy se terugvoer
Dankie Piet. Altyd wekom.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 3 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rhosstraat 50, Boston, Kaapstad, 7530, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang