Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bosveld Wegbreek Safaris

Op die Nippertjie-aanbod 10% af

Kry 10% af op alle besprekings wat 3 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 400 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Driefontein Plaas, Nylstroom, 0510, Limpopo
  • Vanaf R552 R497 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Bosveld Wegbreek Safaris is tussen die skilderagtige Waterberge geleë op 'n wildsplaas net 12 km buite die dorp Modimolle, Limpopo.

Bosveld Wegbreek Safaris bied verblyf in 6 chalets met slaapplek vir 6 gaste elk.
Groter groepe kan kies tussen die Damkamp met slaapplek vir 40 gaste en die Bergkamp met plek vir 48 gaste. Daar is ook n pragtige karavaanpark met 6 staanplekke.

Dié groep akkommodasie is geskik vir groepsbyeenkomste, kerkgroepe, seniorgroepe, jeugkampe, verjaarsdae en familiebyeenkomste, skoolkampe, hokkie- en netbalweke. Die Damkamp (minimum 15 persone en maksimum 40 persone) beskik oor 20 kamers, 'n ablusieblok, 'n groot gemeenskaplike kombuis en 'n eetkamersaal. Die Bergkamp (minimum 15 persone en maksimum 48 persone) het 6 chalets, elkeen met 4 kamers en 2 badkamers, 'n eetsaal en 'n groot gemeenskaplike kombuis.

Daar is 'n afgebakende voetslaanroete op die plaas, asook 'n ontspanningsaal met 'n verskeidenheid speletjies en 'n TV met DStv-kanale. Daar is 'n binnenshuise en buite-swembad. Daar is wild soos koedoes, waterbokke, sebras, kameelperde, rooibokke, wildebeeste, njalas en bosbokke op die plaas te sien. Daar is ook meer as 280 voëlspesies om na te kyk. Daar is ook 'n 4x4-roete 6 km van ons af. Die roete is 20 km lank.

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 77 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Cyrilene E
Gesin met tieners
5.0
Rustig en baie lekker gerus. Baie rustige plek. Die ontvangs was baie goed. Kinders het dit baie geniet.
Okt 2024
Tania B
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker gekamp. Ablusies is uitstekend. Sal definitief weer daar oorbly as. Baie lekker gekamp. Ablusies is uitstekend. Sal definitief weer daar o...
Sien meer
Okt 2024
Chamara D
Saam met lewensmaat
5.0
Beslis 'n bestemming waarheen ons sal terugkeer. Vriendelik en gasvry. Baie netjies en gerieflik.
Jun 2024
Melissa S
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon, net, vriendelik en stil. Ja, die verblyf was lekker.
Jun 2024
Kelly W
Saam met vriende
5.0
Pleasurable. Really friendly and accommodating host. The facilities were great. We had a lovely stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Edward Cornelius Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 77

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Driefontein Plaas, Nylstroom, 0510, Limpopo
  • Gaste dink Bosveld Wegbreek Safaris het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R552
R 552 R 497
per nag, vir 2 mense
Vanaf R552
R 552 R 497
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 400 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Driefontein Plaas, Nylstroom, 0510, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3b5b4ce6c0ac7e4ab908d1f2363bc9192027993c28704486904f4742600642aa886e07ec1194c76ba2ea5587f6694c850cbe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R552 nouVanaf R497 per nag, vir 2 mense 77 5 1 5 Driefontein Farm Nylstroom 0510 Limpopo 021 201 8901 13:00-17:00 10:00 -24.62332 28.41955

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang