Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Harteliefhuisie

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders onder 3
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R101, Verloren Landgoed, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R950 R808 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Harteliefhuisie bied uitstekende verblyf aan 4 gaste op 'n privaat wildplaas in die Waterberg-streek, net 75 minute se ry van Pretoria af.

Die kothuis het meer as 1 verdieping en is ideaal vir natuurliefhebbers. Daar is 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n sitkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die solderkamer het 2 enkelbeddens. Alle linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n mikrogolf, tweeplaatgasstoof, yskas, klein vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die sitarea het 'n TV en dit lei na die stoep.

Die kothuis spog met 'n privaat boma met houtvuur-braaigeriewe, 'n gasbraai, asook 'n privaat swembad. Daar is streng vuurmaak-reëls in winter. Gaste is welkom om hul eie fietse saam te bring en die plaas te verken. Die plaas het 'n elektriese heining en 24 uur-sekuriteit.

Die plaas het 'n rits aktiwiteite soos stap, fietsry, voëlkyk, fotografie-geleenthede en selfry-wildritte. Gaste kan koedoes, impalas, kameelperde, rooihartebeeste, sebras en blouwildebeeste sien. As hulle gelukkig is kan gaste ook die aardvark of hiëna sien. Daar is 'n groot verskeidenheid voëls op die perseel wat identifiseer kan word.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 110 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Corné E
Gesin met tieners
5.0
Ons sal beslis weer 'n draai kom maak by Harteliefhuisie! Baie lekker gekuier, huis baie gerieflik en netjies, baie rustig en mooi natuur en pragtige ...
Sien meer
Sep 2024
Paul V
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker plekkie om te gaan ontspan en uit te rus! Heerlik rustig, weg van die gewoel en in die bos - met alle geriewe wat nodig is. Baie stapplek, wild...
Sien meer
Sep 2024
Francie W
Saam met vriende
5.0
Sal weer gaan kuier. Ons het baie lekker gebly. Dit is rustig en as jy 'n plek soek om te ontspan, is die huisie vir jou. Baie goed toegerig.
Sep 2024
Maryke C
5.0
Die ideale wegbreek om te vergeet van die gedruis van die stad. Dit was heerlik rustig, ons het baie wild gesien en die plekkie is keurig ingerig. Sal...
Sien meer
Aug 2024
Chris V
Saam met vriende
5.0
Great! Lovely! A bigger fridge with a freezer will be great!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Carolien Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 273

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Langs die R101, Verloren Landgoed, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Harteliefhuisie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf R950
R950 R808
per nag, vir 4 mense
Vanaf R950
R950 R808
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Geen kinders onder 3
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R101, Verloren Landgoed, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1f95da90525a12718228c2dd2bd670a955400d8f8722de95c5ec8100fe8534b2766db39d1ee8e4f568ac202519e2c6e3c76e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R950 nouVanaf R808 per nag, vir 4 mense 110 5 1 5 Off the R101 Verloren 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -24.79816860679 28.363676583813

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang