Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bouchie's

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seeskulpstraat 3, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 075 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Bouchie's is in die rustige kusdorpie, Dwarskersbos, aan die Weskus. Dit is 'n bekoorlike strandhuis wat deur die sanger en liedjieskrywer, Juan Boucher, en sy gesin besit en bestuur word. Dit bied 'n rustige toevlugsoord ver van die gedruis van die stad en dit is naby die strand.

Die smaakvol gemeubileerde huis beskik oor 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in laasgenoemde slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad en stort.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, skottelgoedwasser en wasmasjien toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die oopplanleefarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv, asook 'n binnebraai en 'n piekniektafel met stoele.

Die omheinde tuin bied 'n veilige plek vir kinders om te speel en 'n boma vir knus aande buite langs die vuur.

Veilige parkeerplek is in toesluitmotorhuise vir 2 voertuie beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Annelize E
5.0
Net lekker. Ons het baie lekker gebly. Skoon plek. Alles wat mens nodig het.
Sep 2024
Sergio D
Gesin met klein kinders
5.0
Lekker kuier plek. Really enjoyed our stay, the house had everything we needed. We will be back!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Debbie F
Gesin met klein kinders
5.0
Defnitief waarde vir geld. Bouchie was ongelooflik skoon en het alles gehad wat benodig was. Sal dit definitief aanbeveel.
Okt 2023
Amanda V
Saam met vriende
5.0
Perfect getaway place. Bouchie's is a perfect place for a getaway to Dwarskersbos. The house is neat and clean and situated a short wal...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023
Herman W
Saam met vriende
5.0
Baie lekker gebly. Weskus op sy mooiste! Ons het baie lekker gekuier en gebly. Dan nog in 'n bekende sanger se huis ook! Absoluut die geld werd! Dink...
Sien meer
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Liezle Geverifieer

Eiendomme 14

Resensies 107

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Seeskulpstraat 3, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bouchie's het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 075
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 075
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seeskulpstraat 3, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb58ce218be1d3dfa8b14192595e3c8ac060f1c8d8b7716394fa1b63b8efe63409383e4b9e9cf460c85e311122254981b3cec?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 075 per nag (plek vir 6) 7 5 1 5 3 Seeskulp Street Dwarskersbos 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -32.684033367376 18.246079922684

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang