Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Boulders Lodge

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 9, Strydom, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Vanaf R780 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Boulders Lodge is 'n lieflike selfsorg-woning op 'n kleinhoewe buite Fouriesburg. Die akkommodasie bied uitsigte oor plaasgrond en op die baken Hoenderkop-koppie en die Malutiberge.

Die oopplan-kothuis kyk na Lesotho se kant uit. Die sitarea en kombuis deel 'n oop sandsteenkaggel. Die kombuis is met breekware, eetgerei, potte en panne, 'n mikrogolf, oond, ketel en broodrooster toegerus. Die sitarea het 2 groot rusbanke en 2 rottangstoele met sitplek vir 6. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed of 2 enkelbeddens, paneelverwarmer en elektriese komberse. Die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens, elektriese komberse en 'n paneelverwarmer. Die badkamer het 'n toilet, wasbak en stort. Linne en handdoeke word voorsien. Die groot stoep het 'n uitsig en 'n braaiplek. Daar is geen TV in hierdie eenheid nie.

Die Studio is 'n selfsorg-eenheid met 1 slaapkamer. Dit het 'n koningingrootte-bed met 'n elektriese kombers en 'n dubbelslaapbank in die sitkarea(geskik vir kinders). Die eenheid word met paneelverwarmers verhit en het 'n oop sandsteenkaggel. Die kombuis is met 'n oondjie met twee stoofplate, 'n mikrogolf, ketel en broodrooster toegerus. Die badkamer het 'n toilet, wasbak en stort. Die stoep het 'n uitsig en 'n braai. Daar is geen TV in hierdie eenheid nie.

Die Patio is 'n selfsorg-eenheid met 1 slaapkamer. Die eenheid is oopplan en het 'n leefarea, kombuisie en 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die kombuis is met 'n stoof, 'n mikrogolfoond, ketel en broodrooster toegerus. Die badkamer het 'n toilet, wasbak en stort. Die leefarea en kombuis deel 'n oop kaggel. Die eenheid het nie 'n TV nie. Die Malutiberge is sigbaar as gaste na die dam toe stap, nie van die eenheid af nie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 61 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Franci K
Saam met vriende
5.0
Baie lekker. Ons het baie lekker gebly, baie dankie!
Aug 2024
Dean A
Besigheidsreis
5.0
Gemaklik, gesellig. Ons het baie lekker gebly. Die akkommodasie is skoon en netjies.
Jun 2024
Lee-zanne A
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig in die Vrystaat se natuurskoon. Heerlik afgeskakel op die plaas.
Jan 2024
Andre H
4.8
Baie lekker. Baie lekker gebly. Stil, skoon en baie netjies. Die gasheer en gasvrou is baie vriendelik en laat mens tuis voel. Sal definitief aanbevee...
Sien meer
Apr 2024
Abrie L
Saam met lewensmaat
4.8
Heerlik gerus. Die pragtige vrystad. Heerlik en rustig plaaslewe en diere.
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Nadine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 61

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Erf 9, Strydom, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Gaste dink Boulders Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R780
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R780
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 9, Strydom, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA11952f926ccbe60b5ce23cbdaeda7ed111e779e667a6c00a2e2b3fa817ffc962563545f9278c390477635eaa1f4100fbe1cd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R780 per nag, vir 2 mense 61 5 1 5 Plot 9 Strydom 9725 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.629413199595 28.225132226944

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang