Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Branksome Country House

Gastehuis

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Jacques D
1 nag Saam met vriende
5.0
Apr 2024

Pragtig, vriendelike rusplek. Baie goeie sout van die aarde mense! Hulle gaan uit hul pad uit om jou op jou gemak te laat voel. Die kos wat vir ons gemaak is was besonders lekker!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anton T
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Apr 2023

Ons is vriendelik ontvang, alles was skoon en netjies en die geriewe is baie goed. Vyfster. Sal dit vir enigeen aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Martin B
Kort verblyf Saam met vriende
4.4
Apr 2023

Vriendelike ontvangs, alles wat benodig was, was beskikbaar. Heerlik gekuier! Vriendelike ontvangs, alles wat benodig was, was beskikbaar. Heerlike gekuier! Natuurskoon en heerlike vars lug.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Rene
Branksome Country House
Ons is baie dankbaar vir die positiewe terugvoer en dat julle lekker by ons gekuier het. Hoop om julle binnekort weer te sien.

Erna P
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Nov 2022

Slaap in Melkstal. Dis 'n pragtige slaapplek - die melkstal is omskep in 5 ruim slaapkamers wat baie stylvol gemeubileer is met 'n lekker groot stort. Elke kamer het 'n stoep met 'n buite-tafel en -stoele. Daar is 'n gesamentlike kuierarea wat bestaan uit 'n sitkamer, eetkamer en kombuis, met 'n lekker kaggel met hout vir die koue aande. Voertuie word onder 'n afdak geparkeer. Ons het 2 nagte hier geslaap en dit baie geniet. Kan dit definitief aanbeveel as 'n heerlike slaapplek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ronell V
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Des 2021

Mooiste plek in die mooiste omgewing. Die gastehuis is uit die boonste rakke. Ons was gelukkig om alleen te wees, en kon dus die kombuis- en sitarea vir ons eie gebruik hê. Dit het dit vir ons perfek gemaak. Ons sou wel nie van die opset gehou het as ons met ander gaste moes deel nie. Dit is dus die perfekte plek vir familie-saamkuiers of vriende-saamkuiers. Ongelooflike omgewing en mens kan maar lank bly!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Rene
Branksome Country House
Baie dankie vir die positiewe terugvoer. Waardeer dit baie. Ons hoop om u en familie hopelik met jou vriende weer te sien.

Barend S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Okt 2021

Onwelkom. Ek is soontoe om te gaan visvang, my visstokke mag ek nie gebruik het nie en hulle het laat weet hulle kan plan maak met 'n ander stok, geen plan is gemaak nie, dam was vol gras en spruit was heeltemal te laag. Ek het die idee gekry dat daar eintlik weens droogte nie vis is nie. As die visvang swak is dan moet hulle dit op die website afhaal. Ons het later so ongemaklik gevoel dat ons 'n dag vroeër vertrek het en op 'n ander plek gaan bly het. Die gasvrou in beheer was nie eers daar nie, glo op 'n staproete uit vir die naweek. Afrikaans is ook 'n probleem daar.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Rene
Branksome Country House
Dankie vir die terugvoer oor u onlangse verblyf by ons. Ek is baie spyt om te verneem dat dit nie aan u verwagtinge voldoen het nie. Branksome is langs die Sterkspruitrivier geleë, ‘n wêreldklas vlieghengel-bestemming bekend vir sy wildeforel. Alhoewel hengelaars al in die verlede rekordgrootte forelle in ons damme gevang het, is die hoofdoel van die damme van die Oos-Kaapse Hooglande om te dien as ‘n waterleidingstelsel en ons kan nie altyd waarborg dat hengelaars sal kan visvang nie. Ons was daarom baie dankbaar vir die reën en stormagtige weer wat geheers het tydens u verblyf, maar dit het ongelukkig ook beteken dat die waters nie vir hengel geskik was nie. As lede van die Wildeforel-vereniging, is ons daarby ook verplig om die volhoubaarheid van ons kosbare natuurlike hulpbronne te help en moet ons verseker dat ons gaste van die toepaslike vliëe en hengelgerei gebruik wat vir die plaaslike riviere, damme, en forelle geskik is. Die visstokke wat u by u gehad het was vir baarsvis-hengel geskik, maar ongelukkig nie vir die hengel van forel nie. Soos u self ook aan ons genoem het, is ‘n visstok ‘n persoonlike besitting en was dit moeilik om by iemand anders een vir u te lene te kry. Dit is jammer dat ek u vertrek met net ‘n paar minute gemis het, aangesien ek graag die aangeleentheid in persoon met u sou wou bespreek het. Ek was nie vir die naweek uit op ‘n staproete nie, maar het slegs vir ‘n kort rukkie in ons pragtige berge gaan stap. Ek wens u voorspoed met u toekomstige visvang-ekspedisies.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Rene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 4 jaar

Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R393, Elliot-weg, Barkly-Oos, 9786, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1f588a2527edec038b56b5d9e8692bc60f96971428396d49c01fabda183a4192dc450c3360e2a709b9b87461a6ee8141d953?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 R393 Elliot Road 9786 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -30.931666666667 27.794416666667

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang