Breakaway Apartment
Kry 10% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vir verblyf vanaf 21 Jun 2024 tot 31 Jul 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tweedelaan 24, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Vanaf R850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Breakaway Apartment is naby Yzerfontein se gewilde hoofstrand en die dorp se restaurante. Dié kusdorpie is aan die Kaapse Weskus en besienswaardighede in die omgewing sluit die Postberg Natuurreservaat, Yzerfontein se hoofswemstrand, Buffelsfontein Wild- en Natuurreservaat en Dasseneiland in.
Verblyf word in die selfsorgwoonstel op die boonste verdieping van die eienaar se huis en in die oornagkamer op die grondverdieping van die huis aangebied.
Die ruim eenslaapkamerwoonstel het 'n privaat ingang en bied slaapplek aan 3 gaste. Die slaapkamer het 'n gedeeltelike see-uitsig, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n driekwartbed en 'n slaapbank in die leefarea. Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, mikrogolfoond, ketel en 'n broodrooster toegerus. Koffie, tee, suiker en melk word met aankoms voorsien. Daar is ook 'n braai-area op die balkon, gratis WiFi, DStv en veilige parkeerplek op die perseel.
Die oornagkamer is aan die kant van die eienaar se huis en het 'n privaat ingang. Dis geskik vir 2 gaste en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolfoond, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Die kamer het 'n TV met DStv, gratis WiFi en toegang tot buitebraaigeriewe.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Dalina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 62
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Tweedelaan 24, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Gaste dink Breakaway Apartment het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Yzerfontein Weskus Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tweedelaan 24, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap