Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Breakerview Bay 26

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gert B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Baie baie goed. Trafalgar strand. Is die mooiste strand. Die woonstel se view is ongelooflik. Dis om op die bed te lê en die see te sien. Ongelooflike uitsig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Dirk
Breakerview Bay 26
Baie dankie Gert Stem met jou kommentaar. Baie bly ons kan gaste soos julle kans gee dit te geniet. Dankie vir die 5e. Nuuskierig oor die 1 vir location? Groete Dirk

Peter J
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2024

A great family getaway. Dirk was a great host. The accommodation was well-maintained and very comfortable.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Kotie H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2024

Perfek met 'n ongelooflike uitsig. Die eenheid was onberispelik, die ligging absoluut ongelooflik en die weer perfek. Waar huur jy 'n vakansie-eenheid vandag en vind 'n vars bos blomme op die tafel wanneer jy aankom? Baie dankie, Estelle! Dirk het ook onmiddellik aandag gegee wanneer ons iets gevra het en ons het sommer tuis gevoel. Ons sal baie beslis weer gaan en beveel hierdie eenheid aan vir elkeen wat net rustig kop wil skoonmaak.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Carien S
Lang verblyf Gesin met tieners
5.0
Mrt 2024

Rustige, heerlike vakansie! Ons verblyf by Breakerview Bay 26 was baie lekker! Trafalgar is 'n baie rustige, netjiese en skoon omgewing, met 'n baie lang strand om langs die see te stap. Alhoewel daar nie baie winkels naby is nie, is Ramsgate en Port Edward nie te ver nie. Die eenheid is baie netjies en goed ingerig, en die uitkyk op die see is voorwaar iets besonders! Jy kan sommer op die stoep sit en kyk wat op die strand aangaan. Die rusbanke in die TV-kamer is voorwaar 'n pluspunt en kan jy ook daar lekker ontspan. Ons het baie veilig gevoel met die sekuriteitswagte wat ook gereeld patroleer, en almal was baie vriendelik. Daar is ook voorsiening gemaak om in geval van beurtkrag lig te hê en op gas te kan kos maak (ons het gelukkig geen kragonderbrekings gehad nie). Sal beslis eendag weer hier vakansie wil hou!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Annalize L
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Aug 2024

Pragtige view. Baie gerieflik met als wat nodig is. Heerlike rustige wegbreek. Great view!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Karen G
Lang verblyf Gesin met tieners
4.8
Jan 2024

Veilige, lekker verblyf met asemrowende see-uitsig. Ons het baie lekker gebly. Ek sal definitief die plek aanbeveel. Ek kon my kinders van die stoep af sien wanneer hulle geswem het op die strand. Die eienaars van die ander eenhede was almal so vriendelik en ons het vinnig vriende gemaak by die gesamentlike braai-area. Die eenheid het alles wat mens benodig.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Shane B
Kort verblyf Saam met vriende
4.6
Jul 2024

Well maintained unit with lovely ocean views. It's was a pleasurable stay at Breakerview Bay 26. Dirk is an excellent host, and his unit is clean and well organised. Enjoyed the lovely sea views from the unit. Will definitely stay here again.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Charlene N
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Nov 2023

Perfect. Home away from home. We enjoyed our time at Breakerview Bay 26. The place is so quiet, spacious and private.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Malinda D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2023

Asemrowende see-uitsig, stil, veilig en prag tuine. Die plek teen die oseaan met die perfekte see-uitsig. Mens leef op die stoep, lowergroen grasperk. See-uitsig galore vanuit woonstel. Veiligste goed versorgde strand. Heerlik in die oseaan se louwarm water geswem, asook in kompleks se uiters skoon swembad. Hier wil mens net bly en elke oomblik van die see geniet. Dis so in die natuur met rus en vrede vir die siel. Woonstel in puik kondisie, silwerskoon met kwaliteit beddens en meubels.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Dirk
Breakerview Bay 26
Dankie Malinda. Waardeer jou terugvoer. Stem oor alles. Voorreg dit met goeie waarderende gaste soos julle te kan deel. Tot volgende keer. Julle altyd welkom. Groete Dirk

Ria E
Kort verblyf
5.0
Feb 2023

Breakerview Bay 26 het 100% aan my verqagtinge voldoen. Breakerview Bay 26 was presies waarvoor ek gehoop, beplan en na uitgesien het. Die uitsig was my primêre vereiste, en die werklikheid het nie beskaam nie. Die omgewing (Southbroom) is stil en skoon en het veilig gevoel. Die woonstel self, asook die kompleks-gronde, is pragtig netjies en goed onderhou, met vriendelike en hulpvaardige wagte. Die eienaar is maklik bereikbaar, vriendelik en professioneel, en antwoord so te sê onmiddellik op navrae (nie dat ek baie gehad het nie). Ek sal Breakerview Bay 26 enige tyd aanbeveel. Baie dankie vir 'n heerlike kuier, Dirk.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Dirk
Breakerview Bay 26
Baie dankie vir jou terugvoering, Ria. Dis presies wat ons aan gaste wil bied. Bly dit was in die kol met wat julle verwag het. Julle is presies die soort gaste wat ons graag aan uitverhuur. Dankie dat julle mooi na ons juweel gekyk het. Waardeer. Skoonmaker dame se opinie altyd waardevol vir ons. Sy julle 10/10 gegee. Goeie wense. Hoop kan julle weer ontvang. Dirk

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Dirk Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 32

Op LekkeSlaap 4 jaar

Vanaf R1 100
R1 100 R935
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 100
R1 100 R935
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Brooke Gardens, Breakerview Bay Eenheid 26, Trafalgar, 0157, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA83bdc0a6963c048aeab6855e4fec2866e90d41946cfdca65d8962861b95b5633d88a3983b823c5da593937615316d62097ad?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 100 nouVanaf R935 per nag (plek vir 6) 20 5 1 5 Brooke Gardens Breakerview Bay unit 26 0157 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -30.953143498155 30.300680511045

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang