Brenton Beach House
- Kapasiteit: 14 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 116 Watsonia Ave, , Tuinroete, 6570, Wes-Kaap
- Vanaf R2 400 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Brenton Beach House bied B&B-verblyf in Knysna. Hierdie Cape Cod-styl gastehuis spog met manjifieke uitsigte oor die Indiese Oseaan met sy lang sandstrande 'n entjie se stap weg. Die rustigheid van Brenton-on-Sea in Knysna sal beslis waardeer word deur die mense wat hul batterye wil herlaai.
Die gastehuis bestaan uit 4 verskillende kamertipes, elk met 'n en suite-badkamer en met toegang tot 'n terras met uitsigte oor die tuin of see. Sommige van die kamers bied badjassen, strandhanddoeke, warmwaterbottels, verwarmers, kerse en gebottelde water vir gaste se gerief. Die kamers het ook 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskas, mikrogolf, broodrooster, koffiemasjien en basiese toebehore. Bykomende geriewe in die kamers sluit 'n muurkluis, platskerm-TV en WiFi in.
Gholfpakkette is beskikbaar en ywerige gholfspelers kan hul vaardighede toets op van die wêreldklasbane soos Pezula of Simola wat 'n entjie se ry weg is. Ander doendinge om te geniet sluit in stap op die strand of die roetes in die nabygeleë woude.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Derrick Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- 116 Watsonia Ave, , Tuinroete, 6570, Wes-Kaap
- Gaste dink Brenton Beach House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 14 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 116 Watsonia Ave, , Tuinroete, 6570, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang