Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Brenton Blue

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: President CR Swart-weg 431, Brenton-on-Sea, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Brenton Blue is 'n ruim huis met verskeie kamers in Brenton-on-Sea en dis net 1 km van die hoofstrand af.

Gaste kan tussen 4 B&B-kamers en 1 selfsorgeenheid kies. Die selfsorgwoonstel, Delft, het 'n slaapkamer met 'n privaat badkamer. Die eenheid het 'n privaat kombuis en bied toegang tot 'n dek met 'n gedeeltelike see-uitsig. Daar is ook 'n braai-area.

Die 4 B&B-kamers, Beachcomber, The Lily Room, Union Jack en Out of Africa het elkeen 'n privaat slaapkamer en badkamer. Hierdie kamers lei na 'n dek. Daar is ook 'n gemeenskaplike sitkamer, eetkamer en 'n braai-area beskikbaar.

'n Piekniekmiddagete kan op versoek en teen 'n ekstra koste gereël word. Besprekings vir die nabygeleë gholfbaan en restaurante kan ook gemaak word.

Gaste kan die Brenton Blue Butterfly Reserve besoek, fietsry, wandel, op die strand ontspan of Knysna toe gaan en verskeie restaurante, kafees en winkels geniet.

Daar is ook ’n lieflike kort staproete genaamd Fisherman's Walk, wat bo-op die duine is en 'n lieflike uitsig oor Brenton en Buffelsbaai het. Vir die fikse gaste is die trappe af na die ongerepte strand ’n moet.

Daar is baie staproetes in die omgewing sowel as kunstenaars wat hul werkstukke by Oaks on Main in Knysna en verskeie ander galerye verkoop. Knysna het nie ’n tekort aan interessante eetplekke nie en baie van hulle bied musiek aan in die aand. Ons kan besprekings vir gaste maak indien dit versoek word, aangesien dit in groot aanvraag is.

In Rheenendal, wat 'n paar kilometer van Brenton is, is daar baie interesante plekke om te besoek soos die ou Goudmyn. 'n Kontinentale ontbyt word elke oggend bedien.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Christina C
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtig, netjies en skoon. Met super vriendelike gasvrou Yolanda. Alles reg en in plek. Die Beachcomber-kamer was 'n plesier om in te bly. Genoeg hang...
Sien meer
Apr 2023
John B
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, ontspanne en waarde vir geld. Rustige atmosfeer, vriendelike eienaar wat die ekstra myl loop, netjiese fasiliteit en allerheerlikste ontbyt.
Mrt 2023
Ethel Y
Saam met lewensmaat
5.0
Peace and quiet. Our hosts made us feel very welcome. Yolanda took such care with breakfast each morning. The location is within walkin...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2023
Daleen O
Saam met lewensmaat
4.8
Yolanda gee aandag aan die kleinste detail en bederf jou in jou kamer. Verblyf was 5* gewees.
Sep 2024
Anel F
Saam met lewensmaat
4.8
Heerlik gekuier. Lekker ontspan en gerus. Baie mooi uitsig. Gasvrou is baie vriendelik en help graag met inligting oor plekke om te sien en restaurant...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Yolanda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 29

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • President CR Swart-weg 431, Brenton-on-Sea, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink Brenton Blue het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: President CR Swart-weg 431, Brenton-on-Sea, Knysna, 6570, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAANxNYISnCIDXW9Z3tkTLg1mdcOSxfpBB1NiMhSZTxA2YizRpaC5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2) 29 5 1 5 431 President CR Swart Road Brenton-on-Sea 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-20:00 10:00 -34.071816895221 23.03042820734

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang