Brenton Breakers
Kry 20% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Okt 2024 tot 12 Des 2024.
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Steenbrasstraat 278, Brenton on Sea, Knysna, 6570, Wes-Kaap
-
Vanaf
R2 700R2 160 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Brenton Breakers is op die rand van 'n krans met 'n lieflike uitsig oor Buffelsbaai. Dié natuurryke bestemming bied uitsigte van bosbokke, dolfyne, walvisse, 'n oorvloed voëlsoorte, asook die bekende Brenton Blue-skoenlapper. Die kranse bied inheemse fauna en flora, wat tipies op Suid-Afrika se Tuinroete voorkom - 'n regte bederf vir wêreldreisigers.
Verblyf is beskikbaar in 6 tweeslaapkamer-villas. Daar is in totaal slaapplek vir 24 gaste in die 6 villas. Die villas het elk ’n kombuis met ’n yskas, oond, mikrogolf, skottelgoedwasser, ketel en ’n broodrooster. Dit beskik oor ’n leefarea, eetarea en ’n stoep wat na die see front met buite-braaigeriewe. Al die eenhede op die rand van die krans en bied lieflike uitsigte oor die see. Daar is ook gratis parkeerplek, gratis WiFi en TV's met DStv.
Brenton Breakers is naby 'n rits restaurante wat onder andere Franse, Mediterreense, vegetariese, seekos- en ander disse bedien. Ons is ook stapafstand vanaf 'n koffiewinkel, geriefswinkeltjie en 'n kroeg. Knysna se hoofdorp is net 'n entjie se ry ver.
Hoewel dié kusdorp 'n kleindorpse atmosfeer het, bied dit tog ook al die geriewe van die stad. Doendinge hier sluit die volgende in: eetplekke en winkelsentrums by die waterfront, voetslaan, seiljagvaart, bootvaart, wyntoere, olifanttoere, zip-lining, riviervlotvaart, fietsry, vlieërbranderry, kajakvaart en roeiplankry. Ons kan help om hierdie doendinge te reël indien jy dit vooraf versoek.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Joretha Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 77
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Steenbrasstraat 278, Brenton on Sea, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Gaste dink Brenton Breakers het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 24 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Steenbrasstraat 278, Brenton on Sea, Knysna, 6570, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang