Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Brenton Cottage and Flat

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bitou Place 484, Brenton-on-Sea, 6570, Wes-Kaap
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Brenton Cottage and Flat is in die gewilde, tog klein, kusdorp Brenton on Sea, net 15 minute se ry vanaf Knysna. Brenton on Sea is ideaal vir ’n ontspanne seevakansie vir gesinne, vriende of paartjies.

Verblyf word in 2 aparte selfsorgeenhede gebied. Die kothuis bied verblyf aan 4 gaste en die woonstel bied verblyf aan 2 gaste. Die kothuis en woonstel is reg langs mekaar en kan apart, of saam bespreek word. Albei eenhede het WiFi en sonkrag.

Rook is verbode in die eenhede, maar asbakkies word voorsien vir gaste wat op hul privaat stoepe wil rook. Daar is ook tafels en stoele en ’n aangewese braai-area vir gaste om te gebruik. Daar is parkeerplek op die perseel, reg voor die kothuis en woonstel.

Die kothuis het 'n volledig toegeruste kombuis met 'n mikrogolfoond, gasstoof, oond, lugbraaier en 'n yskassie met 'n vrieskaskompartement.

Die woonstel het 'n kombusie.

Dié selfsorgverblyf is naby klein, afgeleë strande, sowel as naby ’n 5 km lange strand om op te stap al die pad na Buffelsbaai. Daar is 2 restaurante, binne stap- of ry-afstand vanaf die instansie.

Daar is bosbokke en wonderlike voëllewe in die tuin. Gedurende Junie tot November besoek suidelike noordkappers die kuslyn en dolfyne kan vanaf Fisherman's Walk gesien word. Dit is ’n staproete langs die Brenton-kranse, net 100 m vanaf die instansie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Annalie B
Saam met vriende
5.0
Ongelooflike tydjie net te kort. Was heerlik skoon, netjies en rustig, baie veilig.
Sep 2024
Andrew J
Gesin met tieners
5.0
Beautiful, comfortable, a home away from home. We were thoroughly impressed with the cottage. It was beautiful. The host has thought of...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Inge B
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik, ontspanne. Ons het 'n baie ontspanne en aangename tyd by Brenton Flat gehad. Die eenheid is baie netjies en prakties ingerig, alles wat men...
Sien meer
Nov 2023
Heleen B
Gesin met tieners
5.0
Rustig! Heerlike en rustige atmosfeer. Baie dankie.
Apr 2023
Marizel V
Gesin met klein kinders
5.0
Absoluut die moeite werd. Beste akkommodasie wat ons al bespreek het in 'n lekker rustige area. Ligging is puik. Die huis is lekker privaat en het all...
Sien meer
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Isabel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 38

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Bitou Place 484, Brenton-on-Sea, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink Brenton Cottage and Flat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bitou Place 484, Brenton-on-Sea, 6570, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA629RUo4wnxYTgqQU0alaRpunWccUIzXUYfIdVzRUguTyDFc03y?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 38 5 1 5 484 Bitou Place Brenton-on-Sea 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.073779873743 23.03008153373

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang