Brenton on Sea Chalet
Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 5 Mei 2025 tot 15 Sep 2025.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Agapanthus-laan 197, Brenton-on-Sea, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Brenton on Sea Chalet is 'n pragtige vakansiehuis in Brenton-on-Sea, 'n kusdorp buite Knysna. Dié dorp spog met 'n heerlike dorpie-gevoel en is die ideale bestemming vir romantiese en gesinswegbreke en vir diegene wat op soek is na 'n vakansie buite die stadsgedruis.
Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers met see-uitsigte en en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer en die tweede slaapkamer is op die onderste verdieping en het elkeen 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die derde slaapkamer is op die boonste verdieping en het 2 enkelbeddens. Elke en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die leefarea het gemaklike rusbanke, 'n TV en 'n kaggel. Dit lei 'n houtdek wat reg rondom strek en 'n see-uitsig en 'n etenstafel met sitplek vir 6 het. Daar is ook 'n houtvuurwarmbad en sonstoele met 'n uitsig oor die see, en dis die ideale plek vir skemerkelkies drink.
Die huis is om die draai vanaf 'n Blouvlagstrand, restaurante, winkels, aktiwiteite en besienswaardighede op die Tuinroete.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Annelize Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 58
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Agapanthus-laan 197, Brenton-on-Sea, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Gaste dink Brenton on Sea Chalet het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Agapanthus-laan 197, Brenton-on-Sea, Knysna, 6571, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang