Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Brenton Park 41

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Brenton Park 41, Brenton on Lake, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 100 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Brenton Park 41 is 'n selfsorgvakansiehuis in 'n veilige kompleks in die hartjie van die Brentonmeer in Knysna. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n gesin wat die skilderagtige Tuinroete wil verken aangesien die kompleks ook 'n gemeenskaplike swembad het.

Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en sluit 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort in. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 kamers deel die tweede badkamer wat ook 'n bad en 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Dié area het ook 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet.

Gaste het volle toegang tot die kompleks se uitnodigende gemeenskaplike swembad wat ook gedek piekniektafels en sonstoele het. Die kompleks het ook 'n oerwoudgimnasium vir kinders om te speel en tennisbane.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Pretty Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 7

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Brenton Park 41, Brenton on Lake, Knysna, 6571, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 100
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 100
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Brenton Park 41, Brenton on Lake, Knysna, 6571, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA865bb8466e5bd53f551ac32efbb458376b6ea816894dc33cc92c4bbcea6d180fcd1036409dbdd5fd8a7e57727385638be1c7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 100 per nag (plek vir 6) 41 Brenton Park Brenton on Lake 6571 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.060686892008 23.028029242294

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang