Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Broadway@51

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Broadwaystraat 51, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Sea Horse en Die Anker is in die hartjie van Uvongo en bied selfsorgverblyf naby kruidenierswinkels, plaaslike besienswaardighede en die strand. Die eenhede is 1,2 km vanaf Uvongo- en Lucienstrand en 600m van die see self.

Sea Horse is ideaal vir 2 persone maar het slaap plek vir 4 gaste. Hy beskiks oor n slaapkamer op die onderste verdieping met 'n koningingrootte-bed en 'n aparte toilet, wasbak en 'n stort. Die stort is toegrus met n gas geyser. Bo is daar 'n TV met die volle DStv-pakket en bank wat oopmaak en slaap plek bied vir 2 persone. Gratis WiFi is beskikbaar. Die sitarea lei na 'n kombuis wat met 'n tweeplaat-gasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en n ketel toegerus is. Die eenheid het ook 'n privaat balkon met sitplek en 'n ingeboude braai wat uitkyk op die see. Neem asseblief kennis daar is nie n wasmasjien in die eenheid nie, indien kliente iets wil was kan hul gebruik maak van n wassery wat gerieflik naby gelee is.

Die Anker het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n aparte badkamer wat bestaan uit 'n groot stort, wasbak en toilet. Die slaapkamer het skuifdeure wat na die swembadarea lei. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n TV met die volle DStv-pakket en 'n tripelstapelbed. Gratis WiFi is beskikbaar. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskassie, eetgerei en breekware toegerus. Neem asseblief kennis daar is nie n wasmasjien in die eenheid nie, indien kliente iets wil was kan hul gebruik maak van n wassery wat gerieflik naby gelee is. Die eenheid het ook 'n privaat onderdakbraai-area wat ook see uitsig het.

Die eenhede het beide toegang en gebruik van die swembad met 'n uitsig oor die see. Geen kinders of persone wat nie kan swem nie, mag sonder toesig en beheer naby die swembad toe ge laat word nie. Die perseel het ook 'n JoJo-tenk wat water voorsien en is aan albei eenhede gekoppel indien daar n water probleem sou opduik. Beide die eenhede is op ons perseel, dus sou daar enige probleme opduik of iets kort kom vra gerus.

Die perseel bied 'n lieflike swembad en daar is genoeg parkeerplek agter 'n afstandbeheer-hek.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Zelna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Broadwaystraat 51, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Broadway@51 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 600
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 600
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Broadwaystraat 51, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5b00525da735d309b14c16349abb1e878672765bf51d46821976b05a837afe095dbcd347c61609ea4b64a2e2b0fd8bba7f28?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag (plek vir 4) 13 5 1 5 51 Broadway Street Uvongo 4270 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -30.841792645448 30.389266712149

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang