Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bryan's View

Selfsorg

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.4
Veiligheid
5.0
Johan V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Beslis n oornagplek om aan te beveel! Lekker warm ontvangs gehad. Lieflike ruim kamer en kombuis met alles wat jy nodig het. Ligging ook perfek!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marius K
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Des 2023

Groot, skoon, netjies, uitstekende ligging, in die dorp maar stil. Dit was nou 'n heerlike tuiste weg van die huis. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anton D
1 nag Saam met lewensmaat
3.2
Sep 2024

Nie weer nie. Pragtige plek, maar een van die eenhede se bed was nog vuil. Die ander eenheid was die werkoppervlak vol broodkrummels. Daar was 'n persoon wat ons 'n paar keer gehinder het oor betaling van die plek. Jammer aan bestuur, julle admin is swak. Televisie in albei eenhede het nie gewerk nie en geen instruksies oor hoe om dit te koppel nie.

Netheid
2.0
Diens
1.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Christopher
Bryan's View
Anton, ek is jammer jou verblyf was nie op standaard nie - ek was in Suid-Afrika tydens jou verblyf en 'n vriendin het na die besigheid omgesien vir my. Ek kan nie glo dat jou kamer vuil gelos is nie. Ek weet nie of die feit dat ons nie ons beddegoed stryk nie dalk iets daarmee te doen het nie. Dalk was dit gekreukel en jy het gedink dit is nie skoon oorgetrek nie? Juis die feit dat ons meestal 1 nag verblyf omdat Windhoek net 'n stop over is vir mense wat hul vakansie begin, het ons die besluit geneem om op te hou stryk, want die baie stryk verouder die wit linne vinnig. Tot op hede het ek regtig geen probleem met skoon geriewe gehad. Ek neem jou kritiek ter harte en sal beslis streef om beter te doen.

Maria M C D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Nov 2022

Ligging was vir ons perfek gewees. Eienaars vriendelik en behulpsaam gewees. Het tydtjie daar geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Frederick D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2022

Gerieflike verblyf by omgeemense! Ons het by Bryan's View oorgebly na my oogoperasie. Christopher se vrou het ons hartlik en vriendelik ontvang en ons het dadelik tuis gevoel. Die kamer was gerieflik en voldoende, veral met 'n koningingrootte-bed. Die aand na my operasie die middag, was daar 'n geklop aan ons deur. Ons word aangenaam verras deur twee stomende borde sop met tuisgebakte brood! Dit het ons baie diep geraak en ons sal dit nooit vergeet nie. Hierdie mense lewer uitstekende diens en leef die definisie daarvan: "Meeting or exceeding customer expectations.".

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Francois H
1 nag Saam met vriende
5.0
Mei 2022

Die beste akkommodasie in Windhoek. Uitstekende ligging en loopafstand van Joe's Beerhouse. Moderne, skoon en ruim kamers met goeie gehalte tuis gebakte beskuit en hopeloos te veel koffie en tee sakkies wat vir ons gewag het. Mooi stoep wat uitkyk oor 'n tuin met voëls en veilige parkering vir ons voertuie. Ek sal by geen ander plek bly in Windhoek as by Bryan's View.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Willem O
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Apr 2022

Ons het baie lekker gekuier. Rosie was 'n superster en baie behulpsaam. Dit is so 'n netjiese plek naby die stad en besighede geleë. Die honde en die katte laat 'n mens sommer tuis voel. Goed opgevoed, nie in 'n mens se ruimte nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Christopher Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 350
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Promenaden-weg 28, Windhoek, 0000, Khomas
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAGRgP1EwFB4dF3mXoqSXbw3ilezaEmrSvqXhM23ZqZsqDa1BBaH?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag, vir 2 mense 7 5 1 5 28 Promenaden Road Windhoek 0000 Khomas 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -22.552498311763 17.08985511475

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang