Buffalo House @ Bankenkloof Private Game Reserve
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R25, Klipkop Plaas, Pretoria, 0050, Gauteng
- Vanaf R7 600 per nag, vir 10 mense
Beskrywing
Buffalo House @ Bankenkloof Privaat Wildreservaat geniet pragtige uitsigte en bied gerieflik gemeubileerde selfsorgverblyf vir tot 10 mense.
Die ruim huis kyk uit oor die buffelkamp en beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis, 'n eetarea, 'n sitkamer en 'n vermaakarea. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede kamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-stort.
Drie van die slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Gerieflikheidshalwe word linne en handdoeke voorsien.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Neem asseblief kennis dat gaste hul eie kruie en speserye, koffie, suiker, tee, melk en ander kruideniersware moet saambring. Geregte kan daagliks op versoek teen 'n ekstra koste gedoen word.
Die leefarea maak oop op 'n dek met 'n gasbraai sowel as 'n vuurput en het lieflike uitsigte oor die omgewing. Gaste kan in die swembad afkoel of op die grasperk ontspan en die uitsigte geniet. Buffalo House @ Bankenkloof Privaat Wildreservaat is 'n nie-rook instansie, en troeteldiere kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
3.9/5
Annemarie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 2
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Langs die R25, Klipkop Plaas, Pretoria, 0050, Gauteng
- Gaste dink Buffalo House @ Bankenkloof Private Game Reserve het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Gauteng
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R25, Klipkop Plaas, Pretoria, 0050, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang