@Mabalingwe Buffalo Lodge - PRM132
-
Kapasiteit: 16 persone
8 volwassenes, 8 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R516, Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R13 445 per nag (plek vir 16)
Beskrywing
@Mabalingwe Buffalo Lodge - PRM132 is 'n selfsorgvakansiehuis in die Mabalingwe Natuurreservaat en dit spog met 'n pragtige uitsig oor die omgewing. Die gerieflike verblyf bied 'n wonderlike boservaring aan gaste.
Die villa bied slaapplek aan 8 volwassenes en 8 kinders en beskik oor 4 slaapkamers, 4 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer en tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n koninggrootte-bed, stapelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die vierde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Een van die badkamers het 'n buitestort en daar is ook 'n sauna.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, 2 gasoonde, 'n mikrogolfoond, broodrooster, basiese eetgerei en breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n opwaskamer met 'n skottelgoedwasser. Die ruim leefarea het 'n sitkamerstel, 'n platskerm-TV met DStv en 'n kaggel. Gratis WiFi is beskikbaar.
Gaste kan hul maaltye by die kroegtafel met stoele of 'n etenstafel met stoele geniet. Die skuifdeure lei na die houtdek met 'n sitkamerstel, braaigeriewe en 'n etenstafel met sitplek. Gaste kan ook in die swembad afkoel en die ongelooflike uitsig oor die natuurreservaat aanskou. Daar is 'n boma met 'n vuurput en braaigeriewe en 'n swaaistel vir kinders. Wildritte is teen 'n ekstra koste beskikbaar en daar is veilige parkeerplek op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
1 x Stapelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
1 x Stapelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
1 x Stapelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Lizelle Geverifieer
Eiendomme 11
Resensies 54
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Langs die R516, Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink @Mabalingwe Buffalo Lodge - PRM132 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mabalingwe Nature Reserve Limpopo
-
Kapasiteit: 16 persone
8 volwassenes, 8 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R516, Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang