Buffaloland Safaris - Giraffe Camp
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buffaloland Wildsplaas, R40, Guernsey-weg, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Vanaf R1 900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Buffaloland Safaris - Giraffe Camp bied selfsorgverblyf in 'n kothuis aan die oostelike grens van die Buffaloland-wildplaas. Die Giraffe Camp bied 'n ontspanne bosveld-ervaring.
Buffaloland-wildsplaas is in privaat besit en is in 1998 deur die Vastapane-familie gestig. Die instansie fokus op die bewaring van Afrika se natuurlike nalatenskap, terwyl dit terselfdertyd 'n eksklusiewe Afrika-ervaring verseker. Buffaloland is nie ver van die Krugerwildtuin af geleë nie en is die ideale plek om die Groot 5 te sien. Daar is ook ander unieke besienswaardighede in dié omgewing, wat 'n verskeidenheid onvergeetlike ervarings bied. Daar is natuurlik ook meer as genoeg rede om op die plaas te bly, waar 'n indrukwekkende verskeidenheid wildspesies te siene is. Jy kan ook langs die wemelende watergate ontspan of op 'n opwindende wildrit gaan.
Verblyf word in gerieflike suites met lugversorging gebied. Elke suite het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, 'n volledige en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak en 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatstoof, oond, yskassie, ketel en broodrooster toegerus is. Die suites is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n selfsorg-wegbreek, terwyl die personeel vir die res sorg.
Die suites bied uitsigte oor 'n groot grasperk met inheemse bome. Ontspan langs die swembad, of wandel na die voëlskuiling op die rand van die dam en neem die natuur ongemerk in.
Giraffe Camp het 'n groot, beskutte boma tussen die bosse waar gaste die sterrehemel in stilte van hulle seilstoele af kan aanskou. Sluit die dag af rondom 'n groot kampvuur.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Zelma Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 6
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Buffaloland Wildsplaas, R40, Guernsey-weg, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buffaloland Wildsplaas, R40, Guernsey-weg, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang