Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Buffelsbaai Woonstel 1

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Walker-rylaan 188, Buffelsbaai, 6570, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 700 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Buffelsbaai Woonstel 1 is net 'n hanetreetjie vanaf die strand en bied selfsorgverblyf in 'n ruim woonstel. Dis ideaal vir 'n gesinsvakansie in Buffelsbaai.

Die woonstel op die eerste verdieping bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en gaste in dié kamer maak van die tweede badkamer met 'n stort gebruik. Alle linne en badhanddoeke word voorsien en gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die helder en lugtige oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n toonbank met sitplek vir 5 gaste. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met die volle DStv-pakket.

Die skuifdeure lei na 'n onderdakbalkon met 'n etenstafel en 'n Weber. Gaste het toegang tot onderdakparkeerplek en die gemeenskaplike braai-area. Die woonstel is stapafstand vanaf 'n plaaslike winkel en restaurant wat ontbyt en middagete bedien.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Deon E
Gesin met tieners
5.0
Kan nie wag om weer hier vakansie te hou. Vriendelike mense en baie skoon vakansieplek. Die restaurant kwaliteit en die kafee beskikbaarheid is 'n eks...
Sien meer
Des 2024
Hannetjie L
5.0
Dit was aangenaam, met twee eetplekke (een op die strand in 'n houer!). Ruim, met die gerief van 'n gasstoof ekstra, saam met die elektriese toebehore...
Sien meer
Sep 2024
Laetitia W
5.0
Gerieflike, ruim en netjiese verblyf, reg op die strand en by die restaurant. Ons (ek, my dogter en skoonseun) het heerlik gekuier! Die stoep het 'n m...
Sien meer
Apr 2024
Deborah P
Saam met vriende
5.0
Son, see en safier! Heerlik! Die ligging van die woonstel (op die seefront) is werklik fantasties! Verder is die woonstel baie gerieflik en toegerus m...
Sien meer
Mrt 2024
Neels R
Saam met vriende
5.0
Geen negatiewe kommentaar. Alles is net reg vir 'n heerlike "relaxing" vakansie. Fantasties! Toe ek vir Elma Wiley vertel dat my vrou binnenshuis met ...
Sien meer
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Elma Geverifieer

Eiendomme 6

Resensies 25

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Walker-rylaan 188, Buffelsbaai, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink Buffelsbaai Woonstel 1 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 700
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 700
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Walker-rylaan 188, Buffelsbaai, 6570, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7ac43e1a39b2b4781be4e2396d251837c45566bd24a1895d29f1d8da248e6cda19d82e057ab0ce08a093a929838581d6427a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag (plek vir 4) 16 5 1 5 188 Walker Drive Buffels Bay 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.086578162706 22.973856003284

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang