Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Buffelskloof Boskamp

Kampeer/karavaan

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Edith W
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Apr 2024

Wat 'n heerlike ervaring! Wat 'n heerlike ervaring! Geen krag, maar die kamp en badkamers word verlig met solar ligte. Alhoewel ons gewaarsku was teen slange en gehoor het daar is 'n luiperd op die plaas, soos by enige ander bosveld plaas waar diere is, was daar geen insidente nie en ons het veiliger gevoel as by ons eie huis in Pretoria. Die omgewing is pragtig en manne kon lekker langs die dam ontspan en lyne natmaak. Ons sal vir seker teruggaan, met ons kinders en kleinkinders.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Willem
Buffelskloof Boskamp
More Edith, baie dankie. Ja, julle is altyd baie welkom. Ons sal volgende keer ook daai gamedrive reel en lekker kuier. Buffelskloofgroete, mooi loop tot volgende keer.

Jaco V
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Apr 2024

Baie lekker rustig in die bos. Kan dit oorweeg om 'n wasbak vir skottelgoed in te sit, en 'n wasbak in die stort. Vir die res was dit baie lekker.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Willem
Buffelskloof Boskamp
Jaco, baie dankie vir die aanbeveling. Dit is verseker die plan, sodra die fone daar is maak ek dadelik so. Tot volgende keer, dan kan julle kom inloer en kyk wat ek gedoen het. Groete, Willem Hoffmann.

Sonja V
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Mrt 2024

Ontspanne omgewing waar jy die natuur kon waardeer. Willem was baie behulpsaam en vriendelik. Hy laat jou gemaklik en tuis voel. Vredevolle omgewing met pragtige uitsig. Staproetes lei na mooi uitkyk met fasiliteite. Lieflike verskeidenheid van bome, groot rotse en kabbelende stroompje. Dit was 'n heerlike ontspanne lang naweek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Chrisna G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Feb 2024

Excellent. Excellent with fun and cleanliness.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Willem
Buffelskloof Boskamp
Baie dankie vir julle besigheid, julle is altyd welkom. Mooi loop. Groete van Buffelskloof.

Philip M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2023

Dankie vir 'n lekker naweek in die bos. Kampterrein is baie spesiaal vir boskamp, regtig net die basiese wat daar is. Dankie vir Willem wat altyd hulpvaardig was en altyd net wil help. Sal kamp aanbeveel, dit was 'n goeie wegbreek. Pragtige ligging. Baie dankie. Terug bos toe ervaring.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Willem
Buffelskloof Boskamp
Baie dankie julle is altyd welkom. Groete.

Albert L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2023

Awesome! Ons was in die bevoorregte posisie om vir 'n week lank te kamp by Buffelskloof Boskamp, Koedoe kamp. As jy na 'n boskamp ervaring soek, met 'n egte bos-stort en 'n toilet met 'n uitsig oor die Waterberge en die dorpie, Naboomspruit op die horison, is hierdie die plek vir jou. Hier teen die berg is vrede en rus vir jou siel, en 'n uitsig wat jou behaaglik laat sug en ontspan. Ons het die geleentheid gehad om die koedoes en nyalas te voer en hul teenwoordigheid elke middag te geniet. 'n Meer hulpvaardige en groothartige gasheer as Willem, die eienaar, gaan jy moelik vind. Hy het dadelik ingespring en gehelp toe van ons kamptoerusting die gees gegee het en hy het uit sy pad gegaan om te verseker dat ons tydjie onverbeterlik was. Sy gasvryheid en humor het bygedra tot 'n onvergeetlike ervaring en hy het ons op die hande gedra en behoorlik bederf. Die enigste nadeel was dat ons nie vir altyd kon bly nie. Baie dankie, Willem!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Frik P
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jul 2023

Wat 'n lekker plek! Met bosse omring, diere wat om jou loop, 'n grondpad gebou vir 4x4 karavane en avontuur motorfietse en 'n eienaar wat regtig omgee vir sy gaste is dit een van die bestes wat ons al gedoen het met die groot fietse! Baie dankie Willem, ons kom weer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hendrik B
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jun 2023

Lekker stil en rustig in 'n regte boskamp. Ons het Vrydag gearriveer en is na ons kamp plek vergesel. Willem het die aand opgedaag om seker te maak alles is in orde. Ons het hierdie keer by Koedoe kamp gestaan. Hierdie is 'n regte boskamp met net water, toilet met 'n uitsig, bosstort en afdak. Daar was genoeg hout vir 'n lekker kampvuur elke aand. Dit was die ideale geleentheid om ons veld toerusting te toets. Willem is ook besig om staproetes te beplan. Ons sien uit na ons volgende kamp.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marissa C
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Mrt 2023

In die natuur, doodstil. Die naweek was heerlik! Kon wegkom van die stad en net weer rustig raak.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Willem
Buffelskloof Boskamp
Lekker om te hoor julle is altyd welkom. Groete, Willem

Sonét R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2023

Lekkerste, rustigste plek! Ons het 'n ongelooflik lekker ervaring by Buffelskloof gehad. Die Koedoekamp is besonders skoon en netjies. Willem is 'n fantastiese host, wat mens net só welkom en tuis laat voel!. Ons het klaar ons volgende kamp bespreek!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Willem
Buffelskloof Boskamp
Baie dankie, julle is altyd welkom en ek het reeds julle wild rit gereël. Ons sien baie uit. Mooi loop.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Willem Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 29

Op LekkeSlaap 4 jaar

Vanaf
Vanaf R270
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R270
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 32 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas, Buffelskloof, Naboomspruit, 0560, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc28c7004d2fae6557d9c00ea1d766ad13ee82fd647280c58624b9a27de7a41a4179bc05cc42d98baebb78641197fe4b8b4df?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R270 per nag, vir 2 mense 29 5 1 5 Farm Buffelskloof 0560 Limpopo 021 201 8901 10:00-19:00 10:00 -24.498601824561 28.651150294602

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang