Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Buffelskloof Boskamp

Kampeer/karavaan
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas, Buffelskloof, Naboomspruit, 0560, Limpopo
  • Vanaf R270 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Buffelskloof Boskamp is 'n klein wildplaas in die hartjie van die Waterbergbergreeks, sowat 6 km vanaf Naboomspruit.

Die Buffelskloof Boskamp maak nie van Eskom-elektrisiteit gebruik nie en is aan die onderkant van 'n kloof geleë - dis die ideale wegbreekplek vir 'n natuurliefhebber.

Buffelskloof Boskamp het 4 kampeerplekke, om die ablusiegeriewe met 'n donkie, 2 spoeltoilette en storte geleë.

Koedoekamp en Rots en Bos Bergkamp is privaat, nie ver van Buffelskloof Boskamp af nie, elk met hul eie ablusiegeriewe.

Daar is koedoes, impalas, ribbokke, klipspringers, njalas, bobbejane en luiperds op die plaas. Voëlkykers kan na hartelus die omgewing verken en na die dam waar die visarende nesmaak stap.

Daar is 'n voetslaanroete teen die berg op waar gaste die pragtige uitsig oor Buffelskloof kan geniet. Gaste kan ook bergfietsry op die bosroete op die plaas. Daar is boomryke kampeerplekke om die ablusieblok en die Buffelskoofstroom vloei deur die kampeerplek. Gaste kan in die plaasdam afkoel, visvang of kanovaar en voetslaners kan die pragtige uitsig bo op die berg aanskou.

Dít is wat jy hier sal kry

Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Slegs 4x4-toegang
Grondpad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 32 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Steenkamp H
Saam met vriende
5.0
Net soos deurgegee. Dankie julle, ons het heerlik gebly en die omgewing was rustig en stil en ons kon lekker rus. Willem is 'n uitstekende gasheer en ...
Sien meer
Nov 2024
Deon M
Gesin met klein kinders
5.0
Die moeite werd. Vir elke ouderdom. Ons het baie lekker gebly. Ons is besoek deur koedoes en njalas. Die kamplekke is ver van mekaar so mens weet nie ...
Sien meer
Sep 2024
Hendriette G
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker avontuur in bos vir kampers. Heerlike rustige kamp. Ware avontuur. Gasvryheid uit die boonste rakke. Dankie.
Sep 2024
Edith W
Saam met vriende
5.0
Wat 'n heerlike ervaring! Wat 'n heerlike ervaring! Geen krag, maar die kamp en badkamers word verlig met solar ligte. Alhoewel ons gewaarsku was teen...
Sien meer
Apr 2024
Jaco V
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker rustig in die bos. Kan dit oorweeg om 'n wasbak vir skottelgoed in te sit, en 'n wasbak in die stort. Vir die res was dit baie lekker.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Willem Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 32

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Plaas, Buffelskloof, Naboomspruit, 0560, Limpopo
  • Gaste dink Buffelskloof Boskamp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 270
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 270
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas, Buffelskloof, Naboomspruit, 0560, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc28c7004d2fae6557d9c00ea1d766ad13ee82fd647280c58624b9a27de7a41a4179bc05cc42d98baebb78641197fe4b8b4df?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R270 per nag, vir 2 mense 32 5 1 5 Farm Buffelskloof 0560 Limpopo 021 201 8901 10:00-19:00 10:00 -24.498601824561 28.651150294602

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang