Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Buitenstekloof Witkruis Cottage

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.1/5

Marie Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 98

Op LekkeSlaap 11 jaar

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 11 resensies vir Buitenstekloof Witkruis Cottage
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.9/5
Annamarie D - Nov 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annamarie D

Mooiste natuur en stilte.

Die enigste probleem was die 10h00 uitgaan, so my vrou kon dit ongelukkig nie beleef nie, want sou dan moes sit en wag vir 5 ure op 'n ander plek.

Buitenstekloof Witkruis Cottage se terugvoer

Dankie vir jou positiewe terugvoer, Annamarie. Ons is bly dat jy jou verblyf geniet het.

Ons is egter altyd oop vir 'n versoek om later uit te boek as daar nie gaste dieselfde dag inkom nie, en sou julle beslis die grasie verleen om later uit te boek.

Ons sien uit daarna om julle binnekort terug te verwelkom.

Blessings
Marié

Buitenstekloof Witkruis Cottage
Marita K - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marita K

Godgelooflike ervaring om so naby aan jou Skepper se skepping te kon wees.

Weens onvoorsiene omstandighede buite ons beheer (stormweer) moes ons noodgedwonge vinnig oppak Sondagaand. Daar is geen selfoonopvangs en dit het onophoudelik gereën, so ons het binne 'n uur klaar gepak en 7 uur Sondagaand teruggery Kaap toe. Ons het net betyds teruggekom, anders was ons ook van die mense wat vasgevang was met die oorstromings. Ons beveel die verblyf met die grootste vrymoedigheid aan as jy wil "connect" met God en Sy skepping. Hier kan jy vir seker weer herlaai. Jy het die nodige geriewe om te doen wat jy tuis ook kon doen as dit by etes kom. Alles is daar. Jy mis nie eens jou luuksighede van jou huis nie. Daar is 'n heerlike kaggel asook 'n gasverwarmer. In die somer is daar baie meer aktiwiteite om aan deel te neem, soos fietsry en die staproetes doen, asook die voëls bewonder, en die pragtige plantegroei.

Buitenstekloof Witkruis Cottage se terugvoer

Baie dankie vir jou positiewe terugvoer, Marita! Ons waardeer dit en is bly julle het julle verblyf geniet in ons stukkie paradys.

Ons sien uit daarna om julle binnekort terug te verwelkom om weer te kom rus in Sy teenwoordigheid en skepping.

Blessings
Marié

Buitenstekloof Witkruis Cottage
Remke O - Jun 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Remke O

Solitude. Quietness. Setting is unbelievable.

An excellent 3-night break away to read and do nothing. There was a massive storm and the rain on the roof and passing river sounded amazing. Highly recommended.

Buitenstekloof Witkruis Cottage se terugvoer

So glad you enjoyed your stay, Remke. We appreciate the feedback.

We look forward to welcoming you back soon.

Blessings
Marié

Buitenstekloof Witkruis Cottage
Helga U - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Helga U

Buitenstekloof Mountain Cottages het ons wildste verwagtinge oortref!

In die 2 dae wat ons hier was, het dit gevoel asof ons vir 'n week lank op vakansie was. Die natuurskoon is absoluut asemrowend. Om op so manier deel te word van die natuur - aanvoelbare stiltes, pragtigste voëlgeluide, kabbelende waterstrome, sonsondergange wat prentjiemooi is en 'n sterreprag wat onbeskryflik is! Die hoogtepunt was natuurlik die verhitte swembadjie! Wat meer wil jy dan nou hê? As jou behoefte is om batterye te laai, is Buitenstekloof Mountain Cottages jou antwoord!

Buitenstekloof Witkruis Cottage se terugvoer

Baie dankie vir jou terugvoer, Helga! Ons is bly om te hoor dat julle heerlik gerus het en die pragtige natuur en stilte geniet het!

Ons sien uit daarna om julle binnekort weer hier te verwelkom.

Blessings
Marié

Buitenstekloof Witkruis Cottage
Kathryn B - Feb 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Kathryn B

Heaven is a place on earth...

And we found it at Buitenstekloof Mountain Cottages! The rustic simplicity of Witkruis Cottage was exactly what we needed for a couple's weekend away. Our only regret was that we couldn't stay longer.

Buitenstekloof Witkruis Cottage se terugvoer

Thank you for your review, Kathryn.

We are glad to hear that you enjoyed our little piece of heaven, and look forward to welcoming you back in the near future.

Blessings
Marié

Buitenstekloof Witkruis Cottage
Pieter C - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Pieter C

Stil, rustig, en ontspannend.

Perfekte plek om te gaan afskakel met 'n lekker boek. Pragtige ligging met berge en fynbos waar jy kyk. Die kothuis het alles wat jy benodig en nog baie meer.

Buitenstekloof Witkruis Cottage se terugvoer

Dankie vir jou positiewe terugvoer, Pieter!

Dis vir ons lekker om te hoor dat julle lekker gerus en afgeskakel het tussen ons mooi berge en fynbos.

Ons sien uit daarna om julle binnekort terug te verwelkom.

Blessings
Marié

Buitenstekloof Witkruis Cottage
Heinz B - Nov 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Heinz B

Off the grid well rested.

Baie rustig in die berge. Robertson is baie naby en mooi berge as back drop. Awesome plekkie.

Buitenstekloof Witkruis Cottage se terugvoer

Ons waardeer jou terugvoer Heinz. Ons is bly dat julle lekker gerus het.

Ons sien uit om julle binnekort terug te verwelkom.

Buitenstekloof groete
Marié

Buitenstekloof Witkruis Cottage
Johan V - Okt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan V

Lekker rustig, lekker breek.

Dit berge reg rondom die huisie was mooier as wat ons verwag het. Huisie was ook goed toe gerus. Vat dalk net bietjie ektra blits saam. Sal beslis weer daarso gaan lam lê in die lekker warm swembadjie.

Buitenstekloof Witkruis Cottage se terugvoer

Dankie vir jou terugvoer, Johan. Ons is bly julle het heerlik gekuier en gerus.

Ons sien uit daarna om julle binnekort terug te verwelkom.

Blessings
Marié

Buitenstekloof Witkruis Cottage
Bianca E - Mei 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Bianca E

Dit is 'n pragtige huisie vir twee. Alles wat jy soek is daar. Die bed slaap so lekker. Dit het ongelukkig gereën so ons kon nie al die staproetes doen of die hot tub benut nie. Sal weer soontoe gaan.

Waarsku dat hout nodig gaan wees vir hot tub en stel voor dat dit vooraf gereël en betaal word. Hulle noem van hout, maar nie dat jy hele klomp gaan nodig hê nie. Wingerdhout brand ook te vinnig. Al voorstel wat ek het.

Buitenstekloof Witkruis Cottage se terugvoer

Baie dankie vir jou terugvoer, Bianca. Ons waardeer dit en is bly julle het lekker gerus.

Ons sit wel 'n krat vol houtblokkies uit vir die warmbad om mee af te skop, maar beplan om die wingerdhout met doring of bloekom te vervang wat dan lekker lank sal brand.

Ons sien uit daarna om julle binnekort weer terug te verwelkom.

Seenwense
Marié

Buitenstekloof Witkruis Cottage
Margaux H - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Margaux H

Wat 'n fantastiese ligging vir rus en vrede.

Die huisie is pragtig en net wat 'n mens nodig het. Die uitsig van oral is asemrowend. Ons het heerlik gaan stap en fiets gaan ry. Die enigste wat ons nog sou wou doen, was swem/roei, maar die swemgat/dam is nie heeltemal geskik daarvoor nie.

Buitenstekloof Witkruis Cottage se terugvoer

Hi Margaux

Thank your for your positive review - we are glad you enjoyed your stay.

For swimming and relaxing, we installed private hot tubs at each cottage - should you prefer, they can also be used as normal plunge pools for swimming and cooling down. We also provided a small boat at the dam for relaxing on the water.

We look forward to welcoming you back in the near future.

Buitenstekloof Witkruis Cottage
Salome V - Jul 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Salome V

Pragtige uitsigte. Heerlike gasverwarmer. Die beste kaggel/binnebraai.

Pragtige uitsigte. Gemaklike tuiste vir 2 mense. Heerlike gasverwarmer, was 'n redding in die koue. Pragtige bedlinne. Die huisie was mooi skoon. Die beste was die wonderlike kaggel/binnebraai wat goed trek. Daar was die volgende oggend geen reuk of teken dat daar die vorige aand gebraai was nie. Baie goeie gasyskas, tweeplaatgasstofie. Warmwater- en kouewatertoevoer baie goed. Toilet werk goed. Stort baie goed. Iets om te oorweeg is 'n klein tafel en 2 stoele in plaas van die halwe vaatjie. Die volgende het aandag nodig: die bed moet binnekort vervang word, daar is 'n los spons bo-op die matras, die sitkamer is uiters ongemaklik, maak jou rug seer. Moes op kampstoele sit, gelukkig het ons ons kampstoele by ons gehad. Ons stel byvoorbeeld voor om die lae bankie en 2 hangmat-stoele uit te haal en eerder 2 gemaklikes in te sit. 'n Mens moet op jou skoot eet. So dit kan 2 gemaklike regop stoele wees. Was stoep se plastiese stoele en staaltafeltjie. Vir behoud mag die eienaar dalk wil oorweeg om die waterpype by die kombuis en stort vas te maak teen die muur. Dit is pragtige waterpype. Oor die algemeen 'n pragtige plek, sal graag weer wil besoek.

Buitenstekloof Witkruis Cottage se terugvoer

Heinrich, ons is bly julle het die naweek geniet en lekker gerus.
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer en ook aanbevelings - ons neem dit ter harte en sal beslis daaraan aandag gee. Net ter inligting, die eksta spons op die bed is 'n eierdopmatras wat meer gerief en sagtheid verskaf vir die persone wat 'n sagter matras verkies, en in die winter ook meer hitte verskaf.
Ons sien uit daarna om julle binnekort weer terug te verwelkom om die opgraderings te kom geniet!

Buitenstekloof Witkruis Cottage
Vanaf
Vanaf R1 750
per nag, vir 3 mense
Vanaf
R1 750
per nag, vir 3 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R60, Buitenstekloof Plaas, Robertson, 6705, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe75e13fd449350b78fa7f0fd6ad6e5e24ac58b717d5cde077d7ca6f6f919a972353f1af65301280a90c272e0720d6e0d0ad6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 750 per nag, vir 3 mense 11 5 1 5 R60 Buitenstekloof Farm 6705 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.720746449537 19.765185446082

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang