Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bush Villas on Kruger

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 92 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Kuiperstraat 14, Phalaborwa, 1390, Limpopo
  • Vanaf R3 100 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Bush Villas on Kruger is 2 km vanaf die Krugerwildtuin se Phalaborwa-hek en bied verblyf in pragtige grasdakvillas. Gaste kan verblyf in die ruim en unieke villas met Afrika-dekor geniet en die eenhede is rondom 3 damme in bosagtige tuine met groot koorsbome en ander Laeveldspesies soos mopanie- en maroelabome geleë is.

Gaste kan tussen standaard- en luukse huise met slaapplek vir 6 tot 10 gaste elk kies. Die huis beskik oor 2 slaapkamers met en suite-badkamers, 'n privaat stoep, gastebadkamer en 'n volledige kombuis met 'n toonbank wat dit van die sitkamer met oorgenoeg sitplek en 'n TV met DStv skei. Die kothuis se deure lei na 'n groot houtdek met gemaklike dekstoele. Bo is daar 'n groot solder met slaapplek vir 2 tot 6 gaste.

Oud en jonk sal die geriewe soos muskietnette, gratis WiFi en lugversorging geniet.

Die lodge het 'n sprankelende swembad met sonstoele. Gaan wandel in die tuine en om die dam en kyk uit vir voëls wat tussen die riete wegkruip of in die groot koorsbome sit.

Die kombuis is volledig toegerus om maaltye voor te berei. Daar is ook 'n supermark naby die verblyf. Phalaborwa het lieflike restaurante en gaste is welkom om vir die eienaar vir aanbevelings te vra.

Die Krugerwildtuin is net om die draai en gaste kan wildritte, riviervaarte, wandel- of bergfietsroetes of uitstappies na Hoedspruit, die Blyderivierpoort of Tzaneen en Magoebaskloof se berge geniet. Begeleide uitstappies na die Krugerwildtuin en die plaaslike gemeenskapskoolprojekte waar Bush Villas on Kruger betrokke is kan ook gereël word.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.1
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.9
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Daisy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • De Kuiperstraat 14, Phalaborwa, 1390, Limpopo
  • Gaste dink Bush Villas on Kruger het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 3 100
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 92 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Kuiperstraat 14, Phalaborwa, 1390, Limpopo
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA35db6581e8d7ae6ffb1e925b94b95dd9e708807f35d5ccecbc3f5e6b06eacd07fec70d70b4fe31c81428c78a051584841f96?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 100 per nag, vir 2 mense 7 5 1 5 14 De Kuiper Street Phalaborwa 1390 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -23.952309041453 31.150710872971

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang