Bushbaby Eden
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Maroelaweg 558, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R990 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Bushbaby Eden is in Marlothpark en bied veilige selfsorgverblyf. Die verblyf is in die hartjie van die bosveld, omring deur die natuur waar byna 300 verskillende voëlspesies deur die jaar gesien kan word. Daarom is dit die perfekte plekkie vir natuur- en diereliefhebbers.
Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, waarvan 1 'n en suite-slaapkamer is, en 2 badkamers. Die eerste badkamer het 'n stort en 'n bad en die tweede badkamer het net 'n stort. Daar is 2 slaapkamers met dubbelbeddens en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die slaapkamers lei na die oopplan-leefarea met 'n sit- en kombuisarea.
Die kombuis is met 'n stoof, 'n oond, 'n mikrogolf, 'n yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die sitrea het gemaklike banke en lei na 'n onderdakstoep met meubels en 'n uitsig. Die stoep het 'n etenstafel met sitplek vir 6 langs 'n buitebraai-area. Daar is ook 'n plonspoel met 'n uitsig oor die watergat wat gaste kan geniet.
Gaste het toegang tot 2 veilige parkeerplekke op die perseel en kan die rustigheid danksy die plaaslike sekuriteitsdienste geniet. Krokodilrivier is net 'n entjie weg en die Krugerwildtuin se ingangshek is minder as 20 km weg.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Marianna Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 18
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Maroelaweg 558, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Bushbaby Eden het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Maroelaweg 558, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang