BushGlam Luxury Holiday Home
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Raptor's Wildlife Escape 55, Hoedspruit, 1308, Limpopo
- Vanaf R3 300 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
BushGlam Luxury Holiday Home is op die Raptor's Wildlandgoed en bied 'n moderne, luukse vakansiehuis met slaapplek vir 6 gaste.
BushGlam beskik oor 3 moderne slaapkamers, 2 moderne badkamers, ruim sitkamers, 'n eet-area en 'n volledig toegeruste kombuis. Die Zen-tuin is 'n rustige ontspanningsarea wat bos se kant toe front. Hiér kan jy die groot privaat sonverhitte swembad geniet of in die aparte borrelbad met sitplek vir 6 ontspan. Sonbaai op die lêstoele op die houtdek of sit onder die beskutte stoep. Daar is ook 'n ingeboude braai-area buite wat die tuin die perfekte plek maak om te ontspan, af te skakel en die omgewing in te drink.
Die grondvloer spog met 'n pragtige oopplan-leefarea en 'n fynproewerskombuis in skakerings van groen wat toegerus is met moderne toebehore. Langsaan is die oopplan-eetarea met 'n unieke houttafel. Daar is skuifdeure wat na die skaduryke stoep lei. Die 2 slaapkamers deel 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte bed en kyk uit oor die Zen-tuin. Die tweede slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens. Die slaapkamers het elkeen ingeboude kaste, gehalte-matrasse en -linne.
Op die boonste verdieping is daar 'n tweede sitkamer. Dié sitkamer het hoë grasdak-plafon, 'n rooi muur wat 'n fokuspunt vorm, unieke kunswerke en gemaklike sitplek. Daar is ook uitsigte oor die bosse en jy sal ook die Drakensberge in die verte sien. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badakemr met dubbel-reënstort en 'n vrystaande bad. Dié kamer bied toegang tot die balkon.
Die rustigheid van die Hoedspruit-area bied gulde geleentheid vir wildkyk. Verken die wêreldbekende Krugerwildtuin en die Panorama-roete. Jy kan ook op 'n lekker Groot 5-wildrit gaan.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Anita Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 7
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Raptor's Wildlife Escape 55, Hoedspruit, 1308, Limpopo
- Gaste dink BushGlam Luxury Holiday Home het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Raptor's Wildlife Escape 55, Hoedspruit, 1308, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang