Goeie dag,
Baie dankie vir u gewaardeerde terugvoer. Julle was deel van 3 x trou groepe wat ingeklok het daardie dag. Ons was geweldig onder druk om almal vroeg in te klok, aangesien ons klok uit tyd 10:00 is en ons vol was die volgende aand.
Chantelle Serfontein die bruid van die groep waarvan julle deel was, het reeds kamer 1 bespreek (die kamer wat effens groter is met die bad). Dus kon ons julle akkommodeer in die tweede Private Deluxe eenheid met die stort. Met die Konfirmasie het ek vir julle op die e-pos bevestig dat die Private Deluxe meer privaatheid gee, nie alleen privaatheid nie. Daar is net 2 eenhede in hierdie kamer tipe, en die kamers is verder van die hoof blokke.
Ek vra groot omverskoning indien ek onder druk gelyk het toe julle inklok. Soos ek reeds genoem het, ja, daar was erge druk op my as die enigste persoon by ontvangs om al die kamers te inspekteer en in te klok teen 12:30. Ons gewone klok in tyd is 14:00, maar ek het my bes gedoen om as 'n guns aan die trou groepe die gaste teen 12:30 to 13:00 op die laaste in te check, omdat ek verstaan dat julle moet regmaak.
Julle het 11:50 ingekom die oggend en ek was toe op pad om julle kamer te klok, wat ek eerste gedoen het. Toe ek terug kom van die kamer blokke af, het Sekuriteit julle toe reeds na die kamer gewys, dus het ek nie 'n kans gehad om al die noodsaaklike inligting deur te gee nie. Julle was meer as welkom om te bel en te vra, want ek was in die kantoor tot en met 16:30
Ek sal die Restaurant klagte oor diens deurgee vir die eienaars.
Vriendelike groete,
Maggie
Bushmans Rock