Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bushman's Rock Country Lodge

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 35 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.3
Waarde vir geld
3.9
Diens
3.9
Veiligheid
4.3
Helma H
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Mrt 2024

Sien my beslis weer! Vir 'n plekkie om net weg te breek vir 'n dag of wat, is dit heerlik! Rustig en stil. Die spa was asemrowend met uitstekende diens!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Leriche
Bushman's Rock Country Lodge
Goeie dag, Baie dankie vir jou positiewe terugvoering. Ons waardeer dit opreg. Ons hoop om julle weer in die naby toekoms te akkommodeer. Groete, Maggie

Elize L
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Mrt 2024

Het lekker gekuier en diens was uit die boeke. Julle is tops! Ons het baie lekker gebly. Eenheid was mooi skoon en netjies. Personeel van die skoonmakers tot die waiters/barman/chef was baie vriendelik. Diens en die kos was uitstekend en plek baie mooi en netjies. Baie goeie diens gekry. Sal definitief aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Leriche
Bushman's Rock Country Lodge
Goeie dag, Baie dankie vir u positiewe terugvoering. Ons hoop om julle gou weer te sien. Vriendelike groete, Maggie by Bushmans Rock

Lizel N
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Jul 2024

Net 1 nag oor gebly. Sal weer daar oornag. Eenheid was baie netjies. Enigste negatief is die lae toilette in die eenheid (nr 25). Moeilik vir persone met heup probleme. Maar verder perfek. Het volgende ontbyt genuttig by die restaurant. Dit was heerlik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Leriche
Bushman's Rock Country Lodge
Goeie dag, Baie dankie vir jou positiewe terugvoering. Ons hoop om jou gou weer terug te verwelkom. Vriendelike groete, Maggie

Henriette J
Kort verblyf
4.8
Mrt 2024

Baie lekker wegbreek. Plek is baie skoon en gerieflik. Al die personeel is baie vriendelik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Leriche
Bushman's Rock Country Lodge
Goeie dag, Baie dankie vir jou terugvoering. Ons is bly dat julle dit geniet het by ons en hoop om julle weer in die naby toekoms te huisves. Vriendelike groete, Maggie

Estie B
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Nov 2023

Baie mooi plek. Wetkers is baie vriendelik en behulpsaam. Dit was baie lekker, bietjie gesukkel met die krag.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Leriche
Bushman's Rock Country Lodge
Goeie dag, Baie dankie vir u gewaardeerde terugvoer. Ons vra omverskoning oor die ongerief wat julle gehad het tydens julle verblyf. Ons het die laaste tyd gesukkel met elektrisiteit want 'n transmitor op een van die pale by die Lodge, moes vervang geword het deur die Munisipaliteit. Alles is gelukkig nou weer terug na normaal toe. Ons hoop om julle weer in die Nuwe Jaar te akkommodeer. Mag julle 'n wonderlike fees seisoen en 'n gelukkige Nuwe Jaar hê. Vriendelike groete, Maggie Bushmans Rock

Yolanda A
1 nag
2.8
Sep 2023

Glad nie tevrede vir wat ek betaal het nie. Die een kamer wat ek spesiaal vir my en my man geboek het was die Private Junior "hotelkamer", R1600 vir die aand. Ons kamer het glad nie gelyk soos adverteer op die foto's nie, daar was net 'n stort en nie 'n bad soos in die foto nie, ons kamer was baie kleiner as wat die foto wys dit moet wees. Daar is nie 'n braaistoep soos hul sê nie, dit was 'n klein stoep met net 'n klein tafel en 2 stoele. Die swembad is nie privaat soos hul sê nie, daar was 'n swembad wat gedeel word met ander kamers. Die kluis was glad nie vasgebout nie, hy het los gestaan in die kas. Daar was nie 2 Lazyboy-stoele soos in die foto nie en glad nie 'n sitkamer soos hul sê nie, dit was net 'n bank wat basies lyk soos in die Junior Suite se foto's, en eerlik ek dink as ek na die Junior Suite kamer se foto's kyk is dit waar hul ons ingedruk het, maar ons het meer betaal vir 'n Private Junior Suite wat ons nie gekry het nie. Met ons aankoms by ontvangs het niemand vir ons gesê dat daar WiFi is nie, die dame wat net aan diens gekom het 12 uur was ook nie baie vriendelik nie en het nie veel gelyk of sy lus was om almal te help nie. Al was ek vroeg, ek het maande voor ons inklok gereël om bietjie vroeër te kan kom omdat ons almal daar was vir 'n troue, en hul het gesê dat hul ons kan help 12h30, maar mens kon op die dame by ontvangs sien sy is nie gelukkig dat ons so vroeg was nie. Bushman's Rock Country Lodge kan ook nie 'n groot groep mense bedien in hul restaurant nie. Ons het ontbyt bestel, helfte van ons groep het al klaar geëet terwyl ander nog vir hul kos wag. Van ons se kos was nie reg nie. Die een ontbyt wat ek bestel het met eiers, spek, uie, maalvleis en hashbrown was onvolledig, daar was nie hashbrown nie en ek wag nou nog vir die maalvleis wat saam met die ontbyt moes kom. As jy 'n tweede koeldrank bestel wag jy 30 minute+, en dan vergeet hul in elk geval na 30 min en jy moet weer bestel. Ek moes self loop om vir ons groep tamatiesous en ander souse van die ander tafels te gaan afhaal want hul het dit nie eers gebring nie.

Netheid
5.0
Diens
1.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0
Leriche
Bushman's Rock Country Lodge
Goeie dag, Baie dankie vir u gewaardeerde terugvoer. Julle was deel van 3 x trou groepe wat ingeklok het daardie dag. Ons was geweldig onder druk om almal vroeg in te klok, aangesien ons klok uit tyd 10:00 is en ons vol was die volgende aand. Chantelle Serfontein die bruid van die groep waarvan julle deel was, het reeds kamer 1 bespreek (die kamer wat effens groter is met die bad). Dus kon ons julle akkommodeer in die tweede Private Deluxe eenheid met die stort. Met die Konfirmasie het ek vir julle op die e-pos bevestig dat die Private Deluxe meer privaatheid gee, nie alleen privaatheid nie. Daar is net 2 eenhede in hierdie kamer tipe, en die kamers is verder van die hoof blokke. Ek vra groot omverskoning indien ek onder druk gelyk het toe julle inklok. Soos ek reeds genoem het, ja, daar was erge druk op my as die enigste persoon by ontvangs om al die kamers te inspekteer en in te klok teen 12:30. Ons gewone klok in tyd is 14:00, maar ek het my bes gedoen om as 'n guns aan die trou groepe die gaste teen 12:30 to 13:00 op die laaste in te check, omdat ek verstaan dat julle moet regmaak. Julle het 11:50 ingekom die oggend en ek was toe op pad om julle kamer te klok, wat ek eerste gedoen het. Toe ek terug kom van die kamer blokke af, het Sekuriteit julle toe reeds na die kamer gewys, dus het ek nie 'n kans gehad om al die noodsaaklike inligting deur te gee nie. Julle was meer as welkom om te bel en te vra, want ek was in die kantoor tot en met 16:30 Ek sal die Restaurant klagte oor diens deurgee vir die eienaars. Vriendelike groete, Maggie Bushmans Rock

Marcel N
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2022

Netjiese plek met restaurant. Baie opsies op menu. Baie geniet. Sal weer besoek. Skoon en netjiese blyplek. Super restaurant.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Leriche
Bushman's Rock Country Lodge
Goeie dag, Baie dankie vir jou gewaardeerde terugvoer. Ons hoop om julle weer in die Nuwe Jaar te akkommodeer. Alles van die beste vir die res van 2023 en mag julle 'n wonderlike 2024 hê. Vriendelike groete,

Marie A
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2022

Was lekker. Netjies, daar was sjampoe, maar nie conditioner. Verder als was perfek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Leriche
Bushman's Rock Country Lodge
Good day, Thank you for your valued feedback. We hope to host you again in the near future. Kind regards, Maggie Roberts Bushmans Rock

Willem B
1 nag
4.4
Aug 2022

Restourant uitstekend. Warm water in kamer vir 2 dae koud. Lugversorger van buurkamers vreeslik lawaai.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Leriche
Bushman's Rock Country Lodge
Goeiedag, dankie vir u terugvoering. Net om te laat weet dat ons geyser gedurende die tyd wat u by ons gebly het gebars het, maar ons het dit gou weer vervang. Huidiglik werk al die geysers en ons doen elke dag kamer checks om seker te maak dat alles in die kamers en op die perseel in goeie werkende orde is. Ons hoop om julle gou weer by ons te sien. Groete. Maggie Roberts

Gerhard M
1 nag Saam met lewensmaat
4.2
Des 2022

Baie aangenaam, kamers is netjies en skoon. Die kos in die restaurant is waarde vir geld, was al voorheen hier, sal beslis weer terrugkom.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Leriche
Bushman's Rock Country Lodge
Goeie dag, Baie dankie vir u positiewe terugvoer. Ons doen gereeld opgraderings en het nou ook 'n heerlike waffle menu extra bygevoeg. Groete, Maggie

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Leriche Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 35

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R1 600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 52 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wewerweg 570, Kameeldrift-Oos, Pretoria, 0035, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3f231ee436571ceb1bb1f50647ccf13526f06c493a6cb728ec9994811bbcfc53eec36a7cf42431a8c4a315d734a1db168d77?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 2) 35 5 1 5 570 Wewer Street Kameeldrift East 0035 Gauteng 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -25.655799612311 28.30914199345

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang